Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 25 VAN 40

Met KRAG begenadig

BEMAGTIG OM VRUG TE DRA

Een van die wonderlikste dinge omtrent 'n lewe wat deur die Heilige Gees gelei word, is dat ons bemagtig word om vrug te dra. Dit beteken dat ons kan verwag dat die werk wat ons doen goeie resultate sal lewer; in besigheid, verhoudinge, strewe na kreatiwiteit, in ons karakter en selfs in ons pogings om ander van Jesus te vertel. Wanneer ons die bewys daarvan begin sien en dit een van ons fundamentele geloofsoortuigings word, sal ons met groter selfvertroue en geloof lewe.

Psalm 92 is 'n "Lied vir die Sabbat". Ruim hierdie naweek tyd in om dit jou eie te maak. Skryf verse 12 tot 15 neer en plaas dit waar dit oor die volgende dae opsigtelik sal wees. Besluit om 'n ingesteldheid te hê wat verwag dat alles wat jy aanpak, sal floreer!

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home