Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Met KRAG begenadig
VOL GELOOF
Ons kan nie die herlewings van die verlede bestudeer sonder om getref te word deur verhale van groot geloof nie — mans en vrouens met 'n Hebreërs 11:1 soort geloof, wat vol vertroue was oor wat hulle gehoop het en verseker was oor dit wat hulle nog nie gesien het nie.
Phoebe Palmer, byvoorbeeld, was 'n vrymoedige evangelis en skrywer in die 1800's en was gereken as een van die stigters van die "Holiness Revival" in Amerika en die Verenigde Koninkryk. Sy was hewig gekritiseer omdat sy, 'n vrou, in die openbaar gepraat het en omdat sy gemengde gehore toegespreek het. Sy was egter so seker van haar roeping en selfversekerd om op God te vertrou, dat dit haar nie weerhou het van haar harde werk en volharding nie. As gevolg daarvan het duisende manne en vroue Christus deur haar lering leer ken.
As geloof dus kom deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor die verkondiging van Christus is (Romeine 10:17), en geloof sonder werke dood is (Jakobus 2:17), laat ons God dus vandag op sy Woord neem en iets doen!
Skryf iemand se naam neer met wie jy graag die boodskap van Jesus wil deel. Doen iets konstruktiefs om die verhouding te bou of jou vriendskap met daardie persoon te versterk — dis 'n verhouding wat vir jou 'n geleentheid sal bied om Jesus met hulle te deel! Op watter ander terreine in jou lewe vertrou jy God vir 'n deurbraak?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home