Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 23 VAN 40

Met KRAG begenadig

DANKBAAR

Elke nou en dan gee die lewe ons die geleentheid om 'n dankbare hart te kweek. 'n Oomblik wanneer ons skielik bewus word dat ons so baie het om voor dankbaar te wees en dat ons glad nie dankbaar was nie. 'n Oomblik wanneer ons aan die frase "bedorwe brokkie" dink.

Soms ignoreer ons dit net. Ander kere, met goeie voornemens, kry ons weer perspektief, maar dit verdwyn gou weer.

Hoekom kry ons dit nie reg om deurgaans 'n dankbare hart te hê nie, al probeer ons ook hoe hard?

Dalk lê die antwoord in die vraag opgesluit.

Dalk is dit omdat ons probeer.

'n Geesvervulde lewe is een wat gekenmerk word deur 'n reaksie op die Heilige Gees se aansporing. Dit kan so eenvoudig wees soos om iemand aan te moedig wanneer ons die aansporing in ons gees kry. Wanneer ons op hierdie manier buite die grense van ons menslike perke lewe, kan ons nie anders reageer as om verstom te staan oor God se genade nie en te wonder: "Hoe kan dit wees dat 'n almagtige God kies om intiem betrokke te wees in my lewe en my deur sy Gees aanpor?" Dis te groots.

Ons vind dat die geesvervulde lewe ons mettertyd vorm tot iemand wat opreg dankbaar is en die lewe nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Ons word iemand wat 'n ongeskikte persoon met vriendelikheid behandel.

Vertel vandag vir iemand waarvoor jy dankbaar is en dit wat God in jou lewe doen.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home