Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 22 VAN 40

Met KRAG begenadig

VRYMOEDIG

Wanneer ons kies om ons lewe in die krag van die Gees te leef, word dit 'n avontuur. Ons ontwikkel vrymoedigheid om risiko's te neem. Wanneer ons bevry is van die vrees vir ander se opinies en ons eie selfstandigheid, word ons lewe gekenmerk deur vrymoedigheid. Ons neem die risiko en is oorstelp met die wete dat ons in geloof lewe, waar ons niks anders kan doen as om God te vertrou om ons te help nie!

Op ons onlangse Hillsong-album is daar een lied wat die hart van ons kerk aangeraak het en 'n soort volkslied geword het in hierdie tyd wat ons God se hart soek vir herlewing in individue en groepe mense.

Die lirieke is 'n vrymoedige verklaring van geloof:

Gees, lei my tot 'n grenslose vertroue
Laat my op die water loop as U my roep
Neem my dieper as wat ek self ooit kan gaan
Dan sal my geloof versterk word
In die teenwoordigheid van my Verlosser

Laat dit vandag die begeerte van ons almal se harte wees. Besluit om jou oor in te stel vir die stem van die Heilige Gees. Wanneer Hy jou vra om iets te doen wat jou senuagtig maak, wees vrymoedig en gaan doen dit!

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home