Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 21 VAN 40

Met KRAG begenadig

IN STAAT GESTEL

Dis nie genoeg dat ons weet dat ons deur die Heilige Gees bemagtig is nie, ons moet ook weet wat ons in staat is om te doen.

Toe Petrus die mense in Handelinge 4:8 toegespreek het, gevul met die Heilige Gees, het hy vreesloos opgetree teenoor skeptisisme. Ons lees ook in vers 33: "Die apostels het kragdadig getuig dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het."

Dis die Heilige Gees wat ons in staat stel om in woord en in daad getuies vir Christus te wees.

Met die bemagtiging van die Heilige Gees kan ons na die hele wêreld gaan en vir mense vertel dat hulle 'n Verlosser het wat vir hulle lief is en wat letterlik vir hulle gesterf het! Hierdie Gees, wat mense nader trek, oortuig en red, is 'n geskenk vir beide mense wat geneig is om nederig of trots te wees. Ons kan nie oor ons dade spog nie, net oor dit wat die Gees gedoen het!

Die Britse evangelis, Smith Wigglesworth het gesê: "Ons is dalk nietig, maar in God kan ons magtig wees."

Op watter maniere het jy die Heilige Gees se hulp nodig om jou in staat te stel om Christus met ander te deel? Vra Hom!

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home