Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Met KRAG begenadig
BEMAGTIG
Die boek Handelinge beskryf hoe die vroeë gelowiges, bemagtig deur die Heilige Gees, die lewe en werk van Jesus Christus voortgesit het na sy hemelvaart. Hierdie weergawe is welbekend aan die meeste Christene, maar dis die moeite werd vir ons om rustig daaroor na te dink.
Gewone manne en vroue was in staat om met die lewensveranderende werk van Jesus aan te gaan nadat Hy na die hemel teruggekeer het. Wag 'n bietjie? Wat? Die werk wat voorheen deur die Seun van God, Jesus Christus gedoen was, is voortgesit deur GEWONE manne en vroue?
Hoe is dit moontlik? Gewone manne en vroue wat deur die Heilige Gees bemagtig is, het met die werk van Jesus voortgegaan.
En dis vandag ook so.
Soms vergeet ons dat die Heilige Gees die bron van ons krag is en bevind onsself op 'n plek waar ons welmenende ywer moeite geword het. Soms vergeet ons en word oorweldig deur gevoelens van kragteloosheid. Ruim vandag tyd in om tot verhaal te kom en die Heilige Gees te nooi om jou weereens te bekragtig.

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home