Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 19 VAN 40

Die proses van REINHEID

VOLHARDING

Die Evangeliese herlewing in 1739 tot 1791, met predikers soos John Wesley en George Whitefield, was bekend vir die lering oor heiligheid en het die bynaam "Holiness Revival" gekry. Dit was gekenmerk deur mense wat van sonde oortuig is, hulle lewe aan Christus oorgegee het en daarom 'n rein lewe begin leef het.

Die lering van Wesley het 'n besef van "sosiale heiligheid" gebring. Hy het verstaan dat redding nie net oor die hemel gehandel het nie, maar ook om God en mense lief te hê. Wesley het besef dat dit nodig was dat heiligheid in 'n gemeenskap tot werking moes kom, as 'n noodsaaklike deel van kerklewe.

Dis belangrik om te onthou dat ons strewe om soos Christus te wees nie net oor onsself gaan nie, maar ook oor ander. In Galasiërs 6:9 moedig Paulus die gelowiges só aan: "Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel." Neem vandag Paulus se woorde ernstig op en besluit om, deur Christus, ter wille van almal wat nog ongered is, voort te gaan met die proses van reinheid.

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home