Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die Proses van REINHEID
INVLOED
Almal van ons beïnvloed die mense om ons, of ons daarvan bewus is of nie. Dalk gebeur dit wanneer ons 'n leier is in sommige sfere van ons lewe, as 'n ouer, 'n onderwyser, 'n spanleier, kaptein van 'n sport span of raadslid. Op een of ander tydstip in jou lewe sal daar mense wees wat na jou opsien of jou dophou, veral as jy 'n Christen is.
Ons moet Christus aan mense weerspieël wat Hom nog nie ken nie. Selwyn Hughes, stigter van "Crusade for World Revival", het hierdie vraag gevra: "Maak ons die Christenboodskap tot niet met ons houding? Word die waarhede wat ons aan ander probeer oordra nietig verklaar deur ons gedrag?
Staan 'n oomblik af om Hughes se vraag te oordink. Weerspieël jou leefstyl een wat volkome lief is vir Christus en aan God onderworpe is? Nooi God uit om op hierdie terreine te werk, sodat jy 'n beter invloed op ander kan hê.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home