Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Die proses van REINHEID
VERANDERING
Ons is op reis op 'n pad van verandering, omdat ons in 'n verhouding met Christus en die Heilige Gees is, wat in ons leef. Dit is die proses van reinheid. Die verandering is stadig en onopvallend; ons denke, begeertes, reaksies en gesindhede word na die beeld van Christus gevorm as ons Hom toelaat om in ons harte te werk. Uiterlik sal ons liggaam vergaan soos ons ouer word — 'n onvermydelike lot van mense — maar ons innerlike persoon, ons siel, word hernu en verkwik deur ons verhouding met God.
In 2 Korintiërs 4 maak Paulus melding daarvan dat die hernuwing van ons siel 'n daaglikse proses is wat deur die Heilige Gees in werking gestel word. Ons sal nooit perfek en volmaak wees totdat ons Christus van aangesig tot aangesig ontmoet het nie. Namate ons in Hom groei en volwasse word in ons geloof, sal ons begin om al hoe meer, deur ons eie natuur en optrede, te weerspieël wie God is.
Watter karaktereienskappe van Christus wil jy graag die meeste weerspieël?
Op watter terreine van jou lewe voel jy dat jy uitgedaag word om te verbeter?

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.
More
http://hillsongconference.com/home