Hillsong: 40 Dae van HerlewingVoorbeeld

Hillsong: 40 Days of Revival

DAG 16 VAN 40

Die proses van REINHEID

GEHOORSAAMHEID

Wat beteken dit presies om God te gehoorsaam? Om die tien gebooie te kan afmerk? Om my naaste lief te hê? Om die ander wang te draai as iemand my seermaak? In wese, ja! Maar ook nee! Om God te gehoorsaam deur 'n lys af te merk, is nie net nutteloos nie, maar ook nie wat God van ons vra nie.

God se liefde vir ons is nie op ons aksies of pogings gebaseer nie, maar op sy goedheid. 1 Johannes 4 verduidelik dat liefde nie net behels dat ons God liefhet nie, maar dat Hy ons liefhet en Jesus gestuur het. Wanneer ons God se genade besef en verstaan, reageer ons uit liefde vir Hom en alles wat Hy vir ons gedoen het. Ons begin om dinge te doen soos Hy dit in sy Woord aandui. Ons gee voorkeur aan sy metodes eerder as ons s'n, totdat dit ons manier van doen word.

Gehoorsaamheid aan God, deur die Heilige Gees, bring dus sy eie beloning van reinheid. Gehoorsaamheid aan sy Woord, deur genade, bied aan ons die geleentheid om meer soos Christus te word. Op hierdie manier is gehoorsaamheid ook 'n daad van aanbidding, want as ons 'n lewe leef wat aan God toegewy is, toon ons ons liefde vir Hom.

Het jy al ooit gedink dat om God te gehoorsaam 'n daad van aanbidding is?

Hoe kan jy God vandag spesifiek deur jou gehoorsaamheid aanbid?

Aangaande hierdie leesplan

Hillsong: 40 Days of Revival

Hierdie 40-dag oordenking en studie van herlewing, is die vertrekpunt om oor ons God te leer en in ons verhouding met Hom te groei. Ons kyk na die eienskappe van die grootste herlewings in die verlede — teenwoordigheid, gebed, reinheid, krag, persoonlike opoffering en lofprysing — met ontvanklike harte vir wat dit ons oor God en ons verhouding met Hom mag leer. Die doel en beloning is om God en sy weë te ken.

More

http://hillsongconference.com/home