Leesplan inligting

Vernietig Kriptoniet (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

Killing Kryptonite With John Bevere

DAG 7 VAN 7


Die oproep tot bekering wat vandag in die kerk nodig is en deur die kerk gemaak moet word, is eintlik 'n oproep tot wat ons die nodigste het: ware liefde. Die gebrek aan ware liefde in die kerk vul ons kerkdienste, bedieninge en huise, met twee uiterstes: verdraagsaamheid aan die een kant en om slegs wetties te wees aan die ander kant.



Die misleiding van verdraagsaamheid is dat dit baie na liefde kan lyk. Ons gebruik die Bybelse beskrywing wanneer ons na liefde verwys as geduldig, vriendelik, nie grootpraterig nie, nie verwaand nie, soek nie sy eie belang nie, en vele ander beskrywings volgens 1 Korintiërs 13. Maar wêreldse liefde kan ook baie van hierdie eienskappe hê. 



Wat Christelike liefde van wêreldse liefde onderskei, is dat Christelike liefde God se gebooie gehoorsaam. "Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie onderhou" (1 Johannes 5:2).



Dit beteken, as ek geduldig is en ek is nie verwaand, jaloers of grootpraterig nie, maar ek pleeg egbreuk of ek keur onsedelikheid goed, wandel ek nie in die liefde van God nie. 



Ware liefde word gekenmerk deur beide liefde en waarheid. Waarheid sonder liefde plaas ons op die pad van die geskrewe wet wat doodmaak — ons het bloot net 'n wettiese gesindheid. Wat hartseer daarvan is, is dat mense op 'n wettiese gesindheid reageer deur die skaal te swaai na die ander uiterste — om die Skrif se teregwysing en waarskuwings wat noodsaaklik is vir die gesondheid en bou van die kerk, te vermy. 



Kom ons wees eerlik: om mense tot bekering en berou te roep, sien ons as 'n gebrek aan omgee, deernis, vriendelikheid en liefde. Maar dink bietjie hieroor na: as ek 'n blinde man sien wat reguit op 'n afgrond afpeil, wat sy dood sal kos, vereis liefde dat ek hom sal roep om van rigting te verander!



In ons samelewing en vir baie in die kerk, word ware liefde, wat 'n oproep tot bekering maak, gesien as bevooroordeeld en haatlik. Hierdie vyandige vesting het verskyn omdat baie mense slegs aan hulle eie lewe op aarde dink en nie aan die hiernamaals nie. 



Wanneer ons onthou dat hierdie lewe op aarde slegs 'n oogwink is in vergelyking met die ewigheid, sal ons anders lewe. Ons moet die lewe vanuit die konteks van die ewige lewe beskou om ware liefde te kan verstaan. 



Dis die liefde wat die kerk nou nodig het: ewige liefde, ware liefde, liefde wat sonde konfronteer en 'n oproep tot bekering maak; maar tog ook liefde wat geduldig, vriendelik en teer is.



Het jy hierdie leesplan geniet? Ek moedig jou aan om verder ondersoek in te stel in my boek Killing Kryptonite.  


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Killing Kryptonite With John Bevere

Net soos Superman elkeen van sy vyande kan verslaan, so het jy as 'n Christen ook die bonatuurlike vermoë om enige uitdaging te bowe te kom. Die probleem vir beide jou en Superman, is dat daar kriptoniet is (fiktiewe che...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://killingkryptonite.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid