Leesplan inligting

Vernietig Kriptoniet (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

Killing Kryptonite With John Bevere

DAG 3 VAN 7

Onthou jy vir Angela in gister se oordenking? Ons het geleer dat die owerspel wat sy gepleeg het, gelykstaande is aan die Bybelse beskrywing van afgodery teenoor God. Is dit werklik vandag 'n probleem in die kerk? Ongelukkig is dit wel 'n baie groot probleem. 



As jy na Angela kyk, was die wortel van haar owerspel haar begeerte. 'n ander woord vir hierdie begeerte is gierigheid. 



Gierigheid is nie 'n woord wat ons deesdae dikwels in alledaagse gesprekke gebruik nie, laat ek dit dus vir jou definieer. Volgens die woordeboek is gierigheid 'n "sterk begeerte om iets te kry wat veronderstel is om goed te wees." Kom ek gee julle 'n ander perspektief van gierigheid uit Kolossense 3:5 waar Paulus sê: "Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is." 



Sien jy dit? Paulus sê dat gierigheid en slegte begeertes afgodery is! Ons mag dink dat afgodery oor standbeelde en sulke dinge handel, maar die wortel daaragter is sondige begeertes. 



God het ons die sleutel gegee om gierigheid te kan oorwin en die sleutel is tevredenheid. Tevredenheid laat ons wegbeweeg van afgodery en bring ons nader aan God se hart, terwyl gierigheid afstand bring tussen ons en God en dit ons na die altare van afgodery dryf. 



Dit is hoekom die skrywer in Hebreërs sê: "Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God het self gesê: 'Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.' Daarom kan ons met vertroue sê: 'Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?'" (Hebreërs 13:5-6) 



Jy kan dus uit hierdie Skrifgedeelte aflei dat gierigheid duidelik dieselfde as owerspel is. Angela het ander mans begeer en nie toegelaat dat Justin haar behoeftes bevredig nie. Hier word ons aangesê om tevrede te wees met God, wetende dat Hy al ons behoeftes sal bevredig. As ons van God af wegdraai na 'n ander bron om ons daaglikse behoeftes te vervul, is dit afgodery! 



Dit beteken: Wanneer 'n gelowige die wil van God ken, maar doelbewus sy eie begeertes bo God se wil plaas, is dit afgodery. Hulle het gekies om hulle eie begeertes bo God te stel. 



Wanneer jy na jou eie doelwitte, prioriteite en gewoontes kyk, watter een sou jy sê is die sterkste in jou lewe — gierigheid of tevredenheid? Hoe kan jy 'n lewe van groter tevredenheid nastreef? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Killing Kryptonite With John Bevere

Net soos Superman elkeen van sy vyande kan verslaan, so het jy as 'n Christen ook die bonatuurlike vermoë om enige uitdaging te bowe te kom. Die probleem vir beide jou en Superman, is dat daar kriptoniet is (fiktiewe che...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://killingkryptonite.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid