Leesplan inligting

Vernietig Kriptoniet (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

Killing Kryptonite With John Bevere

DAG 2 VAN 7


* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.


Een aand toe Justin van die werk af kom, vind hy sy vrou, Angela, pragtig gegrimeer en besig om 'n mooi uitrusting aan te trek. Hy lei toe af dat sy seker iets spesiaals vir hulle beplan het en hy bied aan om ook iets mooi te gaan aantrek. 


Angela antwoord effe verward: "Ai my skat, ek gaan vanaand saam met Tony uit. Ons gaan aandete geniet, dan na 'n rolprent kyk en daarna by die Fairmont Hotel inboek. Ek behoort weer môreoggend laat terug te wees." 


"Wie is Tony?!" vra Justin skerp.


"Hy is my hoërskool kêrel," antwoord sy.


"Wat! Jy kan nie saam met hom op 'n afspraak gaan nie!" 


"Hoekom nie?" 


"Want ons is getroud; ons is aan mekaar verbind. Ons maak nie afsprake met ander mense nie!" sê hy, as iets wat vanselfsprekend is.


"Wag 'n bietjie, skat!" antwoord Angela. "Jy is my gunsteling. Ek is liewer vir jou as enige van my vorige kêrels, maar jy kan sekerlik nie van my verwag om hulle nie meer te sien nie. Ek was vir baie jare baie na aan sommige van hulle. Ek is steeds lief vir hulle en ek wil tyd saam met hulle deurbring. Wat is verkeerd daarmee?"



Dit is baie duidelik nie 'n lewensgetroue paartjie nie. Ons kan ons dit nie eens voorstel dat iemand nie verstaan dat 'n huwelik 'n verhouding is wat uitsluitlik vir twee mense bedoel is nie. Natuurlik sal nie een van ons met iemand soos Angela trou, wat verwag om te kan voortgaan om afsprake met vorige kêrels te hê nie.



Tog is dit presies hoe so baie mense hul verhouding met Jesus hanteer. 


Dwarsdeur die Skrif vergelyk God sy verhouding met ons, met dié van 'n huwelik. Dit is ook hoe God oor sy verhouding met Israel in die Ou Testament gepraat het. Interessant genoeg, elke keer as God met Israel deur sy profete gepraat het oor hoe hulle egbreek teenoor Hom pleeg, het dit gereeld met die kwessie van afgodery te doen gehad. 



Ons mag dink dat afgodery beteken om voor standbeelde neer te buig, maar die kern hiervan is eintlik aanbidding. In die Skrif definieer God aanbidding die eerste keer in die verhaal van Abraham en Isak. Hier sien ons dat aanbidding eintlik gehoorsaamheid is. 



Aanbidding is nie 'n stadige, mooi liedjie nie; dit is gehoorsaamheid. Dit maak nie saak hoe "goed" ons in die kerk optree nie, as ons nie in ons daaglikse lewens aan God gehoorsaam is nie, aanbid ons Hom nie en is ons eintlik besig om soos Angela, owerspel te pleeg. 



Hoe verander hierdie begrip van aanbidding hoe jy oor die Christelike lewe dink? 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Killing Kryptonite With John Bevere

Net soos Superman elkeen van sy vyande kan verslaan, so het jy as 'n Christen ook die bonatuurlike vermoë om enige uitdaging te bowe te kom. Die probleem vir beide jou en Superman, is dat daar kriptoniet is (fiktiewe che...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://killingkryptonite.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid