Leesplan inligting

Vernietig Kriptoniet (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

Killing Kryptonite With John Bevere

DAG 5 VAN 7

Hoe het 'n afgewaterde Yahweh in Israel ontwikkel, en hoe het 'n afgewaterde Jesus vandag in die kerk ontstaan? Beide is die gevolg van 'n verharde hart vanweë die afwesigheid van ware berou.



Moet egter nie nou senuweeagtig raak nie. Ek weet berou is al op maniere verkondig wat slawerny veroorsaak het, maar dit was nie Bybelse berou nie. Die waarheid is dat ons berou nodig het, want daarsonder kan ons nie die lewe wat God vir ons wil hê, ervaar nie. 



As ons kyk na wat die Bybel sê, kan ons sien dat amper elke stem in die Nuwe Testament duidelik en spesifiek na ware berou verwys as 'n noodsaaklike deel van ons lewe in Christus. Die lys van mense wat dit direk gesê het is Petrus, Paulus, Johannes, Jakobus, ander dissipels, Jesus self en selfs God die Vader. Dit is 'n belangrike en onmiskenbaar duidelike waarheid.



Wat dit beteken is dat daar geen ware geloof in Jesus Christus kan wees sonder ware berou van sonde nie. En wat is sonde? Sonde is die teenstelling van die beste wat God vir ons wil hê.



Dit beteken ons kan ons nie na Christus wend as ons weier om afstand te doen van dinge soos seksuele immoraliteit, skinder en onvergewinsgesindheid nie. 



Hoe kan jy sê dat jy 'n Christen is, maar jy hou doelbewus vas aan hierdie soort dinge? Die feit is dat daar meer as vyfhonderd opdragte in die Nuwe Testament is wat vir ons beveel en verduidelik hoe om op te tree. God gee ons hierdie opdragte, omdat Hy nooit dinge wat jou kan vernietig sal duld nie — Hy het jou te lief. 



As ons aan die sonde vashou waarvoor Christus juis vir ons gesterf het, het ons 'n nagemaakte Jesus geskep, en ons geloof is dan slegs 'n versinsel van ons verbeelding. 



Bybelse berou is die grootste daad van nederigheid, en maak ons lewens oop vir die wonder van God se genade. God belowe ons dat Hy vir die nederiges genade sal gee (Jakobus 4 en 1 Petrus 5). Dit is hoekom ware berou so belangrik is ... ons kan ons nie daarvoor skaam nie. Hulle wat soekend is, sowel as belydende gelowiges, moet dit weet. Dit is noodsaaklik vir ons geloof en verlossing!



Ware berou beteken om jou denke so radikaal te verander, dat dit selfs jou persoonlikheid tot in jou diepste wese verander. Wanneer ons ons na Christus wend, maak Hy ons splinternuut en gee Hy ons die genade om soos Hy te lewe. 



Dit is Bybelse berou: die proses om herskep te word in Christus, om God se geaardheid en goedheid teenoor die wêreld uit te leef. Is daar enige groter uitnodiging? 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Killing Kryptonite With John Bevere

Net soos Superman elkeen van sy vyande kan verslaan, so het jy as 'n Christen ook die bonatuurlike vermoë om enige uitdaging te bowe te kom. Die probleem vir beide jou en Superman, is dat daar kriptoniet is (fiktiewe che...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://killingkryptonite.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid