Leesplan inligting

Vernietig Kriptoniet (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

Killing Kryptonite With John Bevere

DAG 4 VAN 7


Vandag wil ek vir jou die verraderlikste misleiding uitwys wat Christene selfs vandag nog tot afgodery lei. 



Om dit te doen, wil ek hê jy moet dink aan die verhaal van die goue kalf by die berg Sinai. Jy sal onthou dat God die Israeliete pas uit Egipte gered het deur middel van talle kragtige wonderwerke en hulle toe deur die wildernis na die Sinaiberg gelei het. Hy wou sy opdragte aan hulle gee, maar hulle was bang en het teruggedeins en daarop aangedring dat Moses moet opgaan na die berg om alleen met God te gaan praat. 



Terwyl Moses weg was, het die mense ongeduldig begin raak. Hulle het na Moses se broer, Aӓron, gegaan en aangedring dat hy vir hulle gode maak om hulle na die beloofde land te lei. Die woord vir "gode" wat hier gebruik word, is Elohim, wat gewoonlik in die Ou Testament gebruik word om na heidense gode sowel as die ware God te verwys. Dus weet ons nog nie regtig na wie hulle hier verwys nie. 



Aӓron het aan hulle eise voldoen en 'n goue standbeeld in die vorm van 'n kalf gemaak. Toe sê die volk: "Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel!" (Eksodus 32:4) Ons weet steeds nie na watter God hulle verwys nie, maar Aӓron maak dit vinnig baie duidelik. 



Hy sê: "Môre is daar fees vir die Here!" (Eksodus 32:5) Wanneer die Skrif sê "Here", word die naam "Yahweh" geskryf, die naam van God. Nou weet ons van wie hulle praat. 



Dit is wat eintlik aan die gang is: Hulle verklaar: "Yahweh is ons God. Yaweh het ons uit Egipte gered. Yahweh is ons Here," en tog aanbid hulle 'n afgod. Ons moet dit as 'n waarskuwing sien, want as hulle al die regte verklarings kon gebruik terwyl hulle 'n afgod aanbid, kan ons dit ook doen. 



In der waarheid doen baie Christene dit daagliks. Hulle verklaar: "Jesus is Here", maar hulle volg Hom nie. Net soos Israel gesê het dat hulle Yahweh aanbid, maar eintlik hulle eie begeertes gevolg het in plaas van God se wil, so kies en keur baie Christene ook watter verse of Skrifgedeeltes hulle wil volg, en dan ignoreer hulle die res wat vir hulle 'n uitdaging is! 



Dit skep 'n afgewaterde Jesus — 'n afgod. Dit is nie die regte manier hoe ons Jesus in waarheid behoort te aanbid nie. 



Die vraag wat ons moet vra is, hoe kan ons weet dat ons die regte Jesus in waarheid aanbid en nie 'n afgewaterde Jesus nie? 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Killing Kryptonite With John Bevere

Net soos Superman elkeen van sy vyande kan verslaan, so het jy as 'n Christen ook die bonatuurlike vermoë om enige uitdaging te bowe te kom. Die probleem vir beide jou en Superman, is dat daar kriptoniet is (fiktiewe che...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://killingkryptonite.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid