Leesplan inligting

Vernietig Kriptoniet (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

Killing Kryptonite With John Bevere

DAG 6 VAN 7

Daar is drie verskillende moontlikhede wanneer dit by gelowiges en sonde kom.



Eerstens: daar is belydende gelowiges wat sonde oorsien, omdat hulle harte verhard is. Tweedens: daar is belydende Christene wat die leuen glo dat ons almal van nature sondaars is, dat die bloed van Jesus kragtig genoeg is om ons van die straf van sonde te bevry, maar nie van die slawerny daaraan nie. Vanweë hulle doelbewuste ongehoorsaamheid aan Christus, is hierdie twee groepe soos kriptoniet wat swakheid oor die hele liggaam van Christus bring. 



Daar is egter 'n derde groep: gelowiges wat in 'n stryd gewikkel is om vry te kom van sonde. Dit is hierdie groep met wie ek vandag wil gesels. 



Eerstens wil ek sê: Jesus sal nooit ophou om jou te vergewe nie. Hy sien die marteling wat sonde bring, elke keer as jy faal. Hy weet dat jy werklikwaar vry wil wees. Deur God se genade kan hierdie woorde jou vandag help. 



As gevolg van 'n verslawing aan pornografie was ek vir baie jare deel van hierdie groep mense. Ek het etlike jare voordat ek Christus as my Verlosser aangeneem het, verslaaf geraak. Selfs nadat ek getrou het en in die bediening begin werk het, kon ek net nie daarvan vrykom nie. Ek het selfs eenkeer van die mees gerespekteerde leraars in Amerika gevra om vir my hande op te lê en vir my te bid, sodat ek kon vrykom van my verslawing, maar dit het nie gehelp nie. 



Ek kon nie vrykom voor ek eers my prioriteite verander het nie. Aan die begin wou ek gehad het God moes my vrymaak, omdat ek bekommerd was dat my sonde my bediening sou affekteer. Toe het my hart verander en ek het begin fokus op hoe my besluite my gemeenskap met Jesus geaffekteer het. Ek het begin omgee oor hoe my sonde God beïnvloed. 



In 2 Korintiërs 7:10 vergelyk Paulus twee soorte spyt: Goddelike spyt wat lei tot verlossing en wêreldse spyt wat lei tot die dood. My verhaal illustreer beide. Aanvanklik was my spyt wêrelds — kommer oor wat met my sou gebeur. Later het my spyt Goddelik geword — kommer oor hoe my sonde God en ander seermaak. 



Liewe vriend, God se krag is beskikbaar om jou vry te maak van sonde en om jou 'n bonatuurlike lewe te gee. Streef na Goddelike berou, ontvang God se vergifnis en lewe jou nuwe lewe in Christus met vrymoedigheid.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Killing Kryptonite With John Bevere

Net soos Superman elkeen van sy vyande kan verslaan, so het jy as 'n Christen ook die bonatuurlike vermoë om enige uitdaging te bowe te kom. Die probleem vir beide jou en Superman, is dat daar kriptoniet is (fiktiewe che...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://killingkryptonite.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid