Leesplan inligting

Die Kwessies wat Vrouens Moet HanteerVoorbeeld

The Battles Women Face

DAG 7 VAN 7

 

Die Kwessies Wat Vrouens Moet Hanteer: Bekommernis

Bekommernis blyk 'n natuurlike deel van die menslike toestand te wees. Ons is bekommerd oor alles; van ons kinders se toekoms tot wat ons vanaand gaan kook vir aandete. Bekommernis het die vermoë om ons te verteer. Ten spyte daarvan dien ons 'n bonatuurlike God wat ons spesifiek opdrag gegee het om nie bekommerd te wees nie.

In ons skriflesing in Matteus, vertel Jesus ons dat ons nie “twee meesters kan dien nie”. Dan sê die volgende vers: “DIT is hoekom ek sê dat jy nie bekommerd moet wees nie…”. Jesus het geweet dat die sleutel tot die stryd teen bekommernis in ons aanbidding opgesluit is.

Ons sien dieselfde konsep in Spreuke 12:25. Dit staaf die volgende feit: “Bekommernis druk 'n persoon neer…”.In Hebreeus verwys dit daarna dat bekommernis die hart van 'n man neerdruk of laat aanbid. Die vraag is: wie of wat kies ons om te aanbid?

As ons bekommerd is, het ons besluit om ons aan iets anders as die soewereiniteit van God te onderwerp. In my hart en verstand het ek God van die troon af gehaal... en myself daar geplaas.

Hoe kan ons dan die stryd van bekommernis beveg?

  • Perspektief - Ryan Leak sê: "Jy sal dit altyd moeilik vind om in die middel van 'n storm te rus, wanneer jy voel dat dit jou verantwoordelikheid is om die storm te laat bedaar." In Johannes 16:33 sê Jesus dat ons moeilikheid sal hê, maar Hy gee die versekering dat Hy alles oorwin het wat hierdie wêreld bied. Jy hoef nie bekommerd te wees nie - Hy het geweet jy sou deur moeilike tye gaan en Hy het 'n oplossing.
  • Laat Hy dit hanteer. - Ons is dikwels bekommerd omdat ons vergeet het wat God in die verlede vir ons gedoen het. Telkemale sien ons in die Skrif dat God sy mense aansê om the onthou. Hoekom? Omdat ons geneig is om te vergeet. Die herinnering aan die getrouheid van God in die verlede, help ons om die gevoel van bekommernis in die hede te oorkom.
  • Bid - Jimmy Evans het dit so gestel: “Verander jou bekommernislysie in 'n gebedslys.” Bekommernis bereik niks, gebed verander alles. In plaas daarvan om met onsself te praat, praat met die Een wat iets daaraan kan doen.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Battles Women Face

In hierdie 7-dag oordenking sal jy ontdek hoe jy paraat kan word vir die kwessies wat ons daagliks ervaar.  Die Kwessies Wat Vrouens Moet Hanteer-reeks sal onderwerpe dek soos bekommernis en verwerping, en bied Bybelse w...

More

Ons bedank Whispers & Fringes wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid