Leesplan inligting

Die Kwessies wat Vrouens Moet HanteerVoorbeeld

The Battles Women Face

DAG 1 VAN 7

 

Die Kwessies Wat Vroue Moet Hanteer: Grense*

'n Jaar gelede het ek iets skokkends oor myself geleer: ek was 'n mens sonder grense. Ek was so gefokus om liefdevol en onselfsugtig te wees, dat ek my eie perke en beperkings vergeet het. Ek was moeg daarvan om nooit 'nee' te sê nie, uit vrees uit. Ek het gevoel dat ek nie die vryheid gehad het om my eie gedagtes en opinies uit te druk nie. Ek kon nie my eie gevoelens bestuur en my losmaak van die manipulerende emosies van ander nie. Ongelukkig het ek nie eienaarskap van my lewe geneem nie.

Gelukkig het God se woord my gewys dat dit tyd was om Bybelse grense toepaslik te gebruik om die verhoudings en doelwitte te bereik wat God vir my as Sy kind beoog. Ek wou 'n lewe van liefde, vryheid, verantwoordelikheid en diens lewe.

Die vermoë om duidelike grense te stel is noodsaaklik vir 'n gesonde, gebalanseerde lewenstyl. In verhoudings definieer grense wie ons is en wie ons nie is nie, wat elke deel van ons lewens beïnvloed.

Heinings is fisiese grense met die boodskap: dit is waar my eiendom begin. Grense definieer wat ek is en wat is ek nie is nie. Hulle wys my waar ek eindig en iemand anders begin. Dit lei tot 'n gevoel van eienaarskap, wat ons vryheid gee. Grense dui aan waarvoor ons verantwoordelik is en waarvoor ons nie verantwoordelik is nie.

Grense help ons

  • onderskei wat ons eiendom is sodat ons dit kan versorg;
  • om ons “ hart meer te bewaar as alles wat bewaar moet word”;
  • behou die goeie (wat ons sal koester) en hou die slegte uit (wat ons kwaad sal aandoen);
  • beskerm ons skatte.

Of dit 'n disfunksionele gesin, die wêreld, jou eie godsdienstige selfgeregtigheid of die gebrokenheid van verlorenheid is, God kan jou help om van 'n ongesonde mens sonder grense na 'n gesonde persoon met grense te verander.

Onthou Dawid se gebed. God se begeerte is dat jy weet wat jou swakhede is. Vra Hom om lig te werp op die beduidende verhoudings en kragte wat tot jou eie grensstryd bygedra het. Soek God se hulp om jou hart te beskerm en om jou met wysheid te lei. Besef dat jy ook die vermoë kan hê om 'nee' te sê as iets buite jou grense is.

* Konsep uit die boek 'Boundaries' deur Dr. Henry Cloud & Dr. John Townsend


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Battles Women Face

In hierdie 7-dag oordenking sal jy ontdek hoe jy paraat kan word vir die kwessies wat ons daagliks ervaar.  Die Kwessies Wat Vrouens Moet Hanteer-reeks sal onderwerpe dek soos bekommernis en verwerping, en bied Bybelse w...

More

Ons bedank Whispers & Fringes wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid