Leesplan inligting

Die Kwessies wat Vrouens Moet HanteerVoorbeeld

The Battles Women Face

DAG 2 VAN 7

 

Die Kwessies Wat Vrouens Moet Hanteer: Vergifnis

Die kwessie van vergifnis kom in alle vorms en groottes voor...die kinderjare of onskuld wat jy verloor het, die bevordering wat joune moes wees of die geluk vir die res van jou lewe wat jy wens jy kon hê.

Vergifnis behels dat jy iemand kwytskeld van skuld. Gewoonlik is dit 'n skuld wat die oortreder nie kan betaal nie, al wou hy.

Maar, God in sy ewige wysheid, beveel my om te vergewe. Hoekom sou God wou hê dat ek die persoon wat my seergemaak het laat “wegkom” met dit wat hulle aan my gedoen het? Want Hy weet dat onvergewensgesindheid my gevange hou.Onvergifnis en bitterheid maak my seer, nie die oortreder nie. Die Bybel sê dat bitterheid ons besmet en ons 'n gevangene van sonde maak. Ons is egter nie net geestelik geaffekteer nie, maar fisies ook. Navorsing het bewys dat ons liggame in 'n chroniese staat van angs, stres, hoë bloeddruk, swak immuniteitstelsel en moontlik depressie verval as ons onvergifnis, woede en haat koester.

Paulus vermaan die mense in Efese om die duiwel nie 'n vatkans te gee nie. Die duiwel in hierdie vers word as “lasteraar” vertaal. Andy Stanly sê dat as ons onvergewensgesind is, gee ons die oortreder 'n vastrapplek in ons lewe. Die persoon teenoor wie ons onvergewensgesind is, het dalk al aanbeweeg, maar ons sleep hom saam in ons toekoms in. Hy vra die vraag: “Hoe lank wil jy toelaat dat die oortreder jou toekoms beïnvloed?”

Vergifnis word nie verdien oor wat die oortreder doen nie. Dit word vrylik gegee, net soos Christus ons vrylik vergewe. Dit is sonder voorbehoud en eensydig. Dit word vereis, ongeag of versoening plaasvind of nie.

So, hoe vergewe ons?

  • Neem 'n besluit om te vergewe.
  • Wees spesifiek. Maak 'n lysie van alles wat jy voel jy verloor het as gevolg van die oortreder.
  • Vra God se hulp.
  • Besluit dat die oortreder jou nie meer besit nie.
  • Kies om elke dag in vergifnis te leef.

“Om te vergewe is om 'n gevangene vry te laat en dan te ontdek dat die gevangene jy self was.” - Lewis B. Smedes


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Battles Women Face

In hierdie 7-dag oordenking sal jy ontdek hoe jy paraat kan word vir die kwessies wat ons daagliks ervaar.  Die Kwessies Wat Vrouens Moet Hanteer-reeks sal onderwerpe dek soos bekommernis en verwerping, en bied Bybelse w...

More

Ons bedank Whispers & Fringes wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid