Leesplan inligting

Die Kwessies wat Vrouens Moet HanteerVoorbeeld

The Battles Women Face

DAG 6 VAN 7

 

Die Kwessies Wat Vroue Moet Hanteer: Woorde

Het jy al ooit 'n hol kol op jou maag gevoel nadat jy iets vir iemand vertel het wat jy nie moes gesê het nie… of iets te gou gesê het?

Skinder voel dikwels goed omdat dit lekker kan wees om te hoor of oor te vertel. Dikwels voel ons selfs 'n gevoel van oombliklike bevrediging wanneer ons geniepsig of sarkasties is of 'n onbeskofte aanmerking maak. In die Christelike gemeenskap is dit maklik om te skinder onder die denkmantel om daaroor te bid. Dit verg nie baie om kwetsende woorde te versprei nie.

As ons gewete ons egter aankla, voel ons jammer en skaam. Vandag se skrifgedeeltes herinner ons daaraan dat ons woorde in der waarheid ons hart ontbloot. Waar is jou hart?

Dit is moeilik om die skade van skinder of 'n kwetsende woord ongedaan te maak, maar daar is maniere hoe ons kan verhoed dat ons hierdie fout maak en maniere om die skade te herstel wat reeds gedoen is.

Hier is 'n paar praktiese maniere om ons woorde te tel:

  • Moenie Te Gou Praat Nie: Dink voor jy praat. Die Bybel het baie te sê oor hoe om ons woorde te tel en om blindings te praat.
  • Praat Minder: Die Bybel beveel ons aan om mense wat skinder te vermy en sê dat ons as verstandig beskou word as ons ons tong beheer. Ons kan ons baie verleentheid en spyt spaar as ons weet hoe om stil te bly. Soms is luister meer waardevol as om te praat.
  • Skadebeheer: Wat doen jy as jou woorde iemand seergemaak het? Verneder jouself en vra vergifnis. Jy bevry jouself uit die tronk van jou eie woorde. Moenie te lank wag nie. Hoe gouer jy die seer wat deur daardie woorde veroorsaak is hanteer, hoe gouer sal jy jouself vrystel.
  • Bêre God se Woord in jou Hart: Gedissiplineerde stiltetyd laat jou toe om in lyn te bly met God se Woord. God deponeer sy wysheid in jou sodat jy skinder kan vermy en mense deur jou woorde kan bemoedig.

Die volgende keer wanneer jy in die versoeking kom om 'n paar sappige besonderhede met iemand te deel, vra jouself af: Is dit goed? Is dit nuttig? Is dit nodig? As die antwoord 'nee' is, is dit veiliger om stil te bly oor die saak.

Ons woorde ontbloot ons hart. Mag ons lippe waarheid en vriendelikheid aan die mense rondom ons spreek sodat ander die Christus kan sien wat in ons hart regeer.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Battles Women Face

In hierdie 7-dag oordenking sal jy ontdek hoe jy paraat kan word vir die kwessies wat ons daagliks ervaar.  Die Kwessies Wat Vrouens Moet Hanteer-reeks sal onderwerpe dek soos bekommernis en verwerping, en bied Bybelse w...

More

Ons bedank Whispers & Fringes wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid