Leesplan inligting

Die Kwessies wat Vrouens Moet HanteerVoorbeeld

The Battles Women Face

DAG 3 VAN 7

 

Die Kwessies Wat Vroue Moet Hanteer: Identiteit

'n Bejaarde dame het na die apteek se toonbank gestap en saggies met ons klerk gesels. “Kan JY my help?…Ek wil nie hê SY moet nie…HAAR soort mense is vuil.”

Ek was die ‘HAAR’ waarna sy verwys het, wat ​​ver agter die toonbank gestaan het.

Behalwe vir 'n boelie op skool wat my name genoem het, was dit my eerste werklike ervaring van rassisme. Dit is meer as 'n dekade sedert die voorval plaasgevind het, maar ek onthou nog hoe dit my laat voel het. My hart het op loop gesit. My stem het gebewe. Haar woorde het seergemaak.

Maar ek het geweet wie ek was. En ek was nie vuil nie. Geen deel van my het die leuens geglo of aanvaar nie. Ek het geweet wie ek was (en nog steeds is) in Christus.

Ek word waardeer. Ek is heilig. Ek is Syne.

Dit maak my hartseer as ek dink dat soveel kosbare mense hul waarde nie verstaan ​​nie. Hulle het die leuens van die vyand geglo wat oor die lippe van 'n ouer, eggenoot, kollega, kenner of vreemdeling gekom het.

Johannes hoofstuk 4 vertel die verhaal van 'n vrou wat rassisme en sosiale vooroordeling geken het. Sy was 'n Samaritaanse vrou wat al vyf keer geskei was. In daardie dae het albei titels 'onbenullig' geskree.

Maar ek hou van hoe Jesus te werk gaan en wie Hy teiken. Dit was hierdie onbeduidende en verstote vrou wat Jesus gekies het om hoop voor te skep en Homself aan te openbaar. “As jy net geweet het watter geskenk God vir jou het…Ek is die Messias.”

Een ontmoeting met Christus en hierdie vrou se onbeduidendheid was begrawe en 'n nuwe identiteit is gebore.

Miskien het jy die leuens van die vyand geglo. 'n Ouer wat jou erkenning moes gee, het dit nie gedoen. 'n Man wat belowe het om jou te eer, het gelieg.

Wat jou situasie ook al is, moenie toelaat dat die stem van die vyand jou Gees binnedring en jou afbreek nie. Laat die woorde van ons Messias eerder jou siel infiltreer en jou hoop gee. “As jy maar net van die geskenk geweet het, wat God (nog) vir jou het.”

Die belangrikste is dat ek bid dat die woorde van ons Messias jou sal herinner aan jou ware identiteit.

Jy is kosbaar. Jy is heilig. Jy is Syne. *

(* Lirieke uit 'Beautiful' deur Mercy Me)

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Battles Women Face

In hierdie 7-dag oordenking sal jy ontdek hoe jy paraat kan word vir die kwessies wat ons daagliks ervaar.  Die Kwessies Wat Vrouens Moet Hanteer-reeks sal onderwerpe dek soos bekommernis en verwerping, en bied Bybelse w...

More

Ons bedank Whispers & Fringes wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid