Leesplan inligting

Die Kwessies wat Vrouens Moet HanteerVoorbeeld

The Battles Women Face

DAG 4 VAN 7

 

Die Kwessies wat Vrouens Moet Hanteer: Doel

Ek is 'n sportgeesdriftige, spesifiek 'n voetbal ondersteuner. Wanneer my span in 'n naelbyt stryd gewikkel was, was ek...kom ons sê maar...BAIE entoesiasties. Terwyl ons die wedstryd saam met vriende gekyk het, sou ek opspring en te kere gaan as enigiets gebeur het. Dit het blykbaar te veel geword vir die persoon agter my, en hy het my vriendelik gevra of ek kon bly sit sodat hy die TV kon sien. My reaksie was 'n empatieke: Ek kan dit nie help nie!”

Ek dink ons doel is baie soos dit.

In vandag se skriflesing ontmoet ons Moses. Hy het die unieke ervaring gehad dat hy God hoor sê het: “Jy moet my mense uit Egipte uit lei.” Interessant genoeg, selfs voor dit gebeur het, kon ons alreeds 'n kykie kry van hoe God van plan was om hom te gebruik.

Toe Moses nog in Egipte was en een van sy mede Israeliete sien wat deur 'n Egiptenaar geslaan word, wat doen hy toe? Hy tree tussenbeide om die man te verdedig. Die volgende dag sien hy twee Israeliete wat 'n onderonsie het, en weer probeer hy die bakleiery stopsit. Later kom hy tot 'n vrou se redding wat in die woestyn aangeval word.

Ons sien dus, voor daar 'n roeping van verlosser op sy lewe was, het hy al in daardie rol opgetree.

Dikwels dink ons dat ons doel 'n groot geheim is om ontdek te word, maar dit kan egter alreeds deel van ons wees. In watter situasies was jy al waar jy instinktief gehelp het om iets daaraan te doen? Dit het dalk nie soos iets groots gevoel nie, maar dit kan 'n aanduiding wees van iets groter wat God in en deur jou wil doen.

Onthou ook dat dit nie maklik sal wees net omdat dit jou doel is nie. Moses het met Farao te doen gekry en 'n klomp klaende Israeliete, asook die uitdagings van die Rooisee en die lewe in die woestyn. Elke keer was God egter getrou en het Hy hom gehelp.

Jy is wonderlik gemaak, met 'n unieke stel vaardighede, talente en sterkpunte. God het jou toegerus om jou lewe met 'n doel te lewe. Voor jy dit besef, mag jy dalk sê: “Ek kan dit nie help nie!” terwyl jy begin om jou roeping uit te leef.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Battles Women Face

In hierdie 7-dag oordenking sal jy ontdek hoe jy paraat kan word vir die kwessies wat ons daagliks ervaar.  Die Kwessies Wat Vrouens Moet Hanteer-reeks sal onderwerpe dek soos bekommernis en verwerping, en bied Bybelse w...

More

Ons bedank Whispers & Fringes wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid