Leesplan inligting

Die Kwessies wat Vrouens Moet HanteerVoorbeeld

The Battles Women Face

DAG 5 VAN 7

 

Die Kwessies wat Vrouens Moet Hanteer: Verwerping

Is 'n deur onlangs in jou lewe toegemaak, of selfs toegeslaan? En nou voel jy verworpe.

Moenie dit persoonlik opneem nie.

Nou dat ek weer daaroor dink...as jy 'n gelowige is, vra God dat sy wil sal geskied, dalk moét jy dit persoonlik maak.

In 1 Samuel 29 lees ons dat Dawid weghardloop van koning Saul af. Hy is moeg en uitgeput en vind 'n veilige rusplek op 'n onwaarskynlike plek; tussen die goddelose Fillistyne.

Dawid het so goed bevriend geraak met hierdie nuwe vriende, dat hy selfs aangebied het om by hulle weermag aan te sluit. Koning Akis was gewillig en bereid om Dawid se aanbod te aanvaar, maar die ander Fillistynse heersers het teenstand gebied. Hulle was bekend met sy reputasie as 'n leier in die Israelitiese weermag.“ Is dit nie dieselfde Dawid oor wie die vrouens van Israel sing en dans nie...Hy kan nie saam met ons gaan veg nie. Wat daarvan as hy teen ons draai in die geveg en ons vyand word?”

Dawid het dalk sy roeping vergeet, maar God het nie.

'n Paar hoofstukke verder lees ons dat Saul sterf en Dawid word as koning aangestel.

Dink net wat sou gebeur as God nie daardie deur toegemaak het nie? Wat sou van Dawid geword het? Sou ons steeds die Psalms hê? Die groot koning van Israel sou dalk die nie-so-groot koning van die Fillistyne geword het.

Is God nie goed nie?

Almal van ons het 'n storie soos Dawid s'n. Ek weet dat ek deure probeer oopmaak het. Deure wat my op verkeerde paaie sou lei.…maar danksy God, in sy genade, het Hy daardie deure toegemaak. Wat soos verwerping voorgekom het, was eintlik God se hand van ingryping en genade.

En ek weet Hy het genadiglik vir jou ook deure toegemaak.

Moenie moedeloos word as jy verwerping voel wanneer deure in jou gesig toegemaak word nie. Wees geduldig, dit neem tyd. Ek glo jy sal eendag terugkyk en ook God se hand in jou situasie sien.

Dieselfde God wat omgegee het vir Dawid, gee ook vir jou en jou doel op aarde om. God het die finale woord.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Battles Women Face

In hierdie 7-dag oordenking sal jy ontdek hoe jy paraat kan word vir die kwessies wat ons daagliks ervaar.  Die Kwessies Wat Vrouens Moet Hanteer-reeks sal onderwerpe dek soos bekommernis en verwerping, en bied Bybelse w...

More

Ons bedank Whispers & Fringes wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid