Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 7 VAN 25

“Niks is vir God onmoontlik nie” (Lukas 1:37).



Vir Maria was Kersfees om die waarheid van hierdie stelling te leer ken. Elke jaar met Kersfees moet ons glo dat niks vir God onmoontlik is nie! Kersfees herinner ons dat ons altyd op sy Goddelikheid moet fokus en nie op ons menslike feilbaarheid nie.



Vir die meeste van ons gaan die Kersfees oor onsself ... oor wat ons wil hê, begeer en wat ons toekom. Party mense wil 'n nuwe huis hê ... of waardevolle juwele ... of dat hulle kinders Kersfees by die huis moet wees. Sommige mense glo vas dat hulle 'n salarisbonus verdien, 'n kersboom oorlaai met 'n klomp geskenke, of iemand moet kry wat hulle huis kan skoonmaak tydens die vakansie.



As dit jou begeertes is, mis jy baie! Jy verstaan Kersfees heeltemal verkeerd! Jy is nie bewus van die moeilike les wat die lewe van Maria ons leer nie:



Ons planne kan nie kers vashou by God s'n nie! Jou belangrikste begeerte moet wees om God te vra om jou lewe te vul met sy liefde en sy planne vir jou lewe te volg.



Hierdie Skrifgedeelte beskryf egter nie die oproer wat God se plan vir Maria in die gemeenskap veroorsaak het nie. Die jong meisie wie se lewe nou net deur 'n boodskap uit die hemel omvergewerp is, sou nou op gespoeg en vervloek word wanneer sy verbyloop. Voorheen was sy "rein" en 'n "maagd," maar nou was haar reputasie dié van 'n losbandige vrou. Dalk moes Maria nou die kras woorde en insinuasies en hoongelag van manne trotseer terwyl sy op pad was na die put om water te gaan haal.



Maria moes leer dat Kersfees nie om 'n persoon gaan nie. Ons moet dit ook leer. Kersfees gaan om dood te wees vir eiewaan en voorkeur en normaliteit. Kersfees is die wekroep wat ons moet help besef dat ons nooit ooit weer 'n selfsugtige lewe kan lei nie. Ons word almal omarm met hierdie wekroep vir Kersfees, wat dieselfde hartsbegeerte weerspieël as dié van Maria: “Lewe vir sy doel! Leef net vir Christus!”



Kersfees gaan oor God wat in ons alledaagse lewe ingryp; Christus word in werklikheid in ons teleurstellings en mislukkings gebore.



Kersfees gaan nie oor myself nie — dit gaan oor Christus wat Homself aan my openbaar! Dit is nou waarlik iets om te vier!
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid