Leesplan inligting

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou AtleetVoorbeeld

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

DAG 1 VAN 12

Die Rit Huis Toe (Wat om te sê net na die wedstryd)

OP JOU MERKE:


"Jy sien self: vir die man wat praat sonder om eers te dink, is daar minder hoop as vir 'n dwaas" (Spreuke 29:20).

GEREED: Jou woorde is belangrik.


Onmiddellik ná die atleet se kompetisie vloei daar 'n oorvloed van emosies deur hulle harte — wen of verloor. Dit is 'n kritieke tyd in die dinamiek van die verhouding tussen ouer en kind. Dit is óf 'n tyd van opbou óf van afbreek, met die ouer wat beheer het oor hoe die kind dit gaan ervaar.


My pa was 'n hoërskool rugby-afrigter toe ek 'n jong atleet was. Hoewel hy relatief saggeaard was, onthou ek dat ek bang was vir sy woorde van raad of kritiek oor my vertoning tydens die rit huis toe. Ek het gewens daar was 'n manier waarop ons vir 'n paar dae kon wag vir sy goed bedoelde terugvoer.


Die ergste ding wat ek my op daardie stadium kon voorstel, was om my pa teleur te stel met my vertoning. Ek het die uitdrukking gehoor "kinders is lief vir hulle moeders, maar leef vir hulle vaders." Dit was waar in my lewe. Baie van my identiteit as kind was gekoppel aan wat my pa ná wedstryde gedink het. Ons weet dat die tyd ná die kompetisie, wanneer emosies hoog loop en identiteite gevorm word, só krities is — so krities dat ek dink alle voertuie wat deur ouers gebruik word om hul kinders van wedstryde af huis toe te neem, 'n waarskuwingslig op die paneelbord moet hê: "Waarskuwing: kwesbare ego's aan boord."


Hierdie leesplan is bedoel om jou, die ouer van 'n atleet, beter toe te rus om daardie soms onaangename, dikwels onvoorspelbare ritte saam met jou kind te hanteer. Kom ons kyk eers wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê. Voordat jy die Woord van God lees, is dit 'n goeie gewoonte om God te vra om jou te help verstaan wat Hy wil hê jy moet verstaan.


OEFENING: Bybelbespreking


Efesiërs 4:29


Jakobus 1:19


Matteus 15:18


Kolossense 4:6


GAAN:


1- Vind 'n paar beginsels wat hier geleer word of lesse wat jy oor God of van God geleer het.


2- Watter spesifieke vers spreek tot jou hart? Gee die rede waarom daardie vers vir jou baie betekenisvol is.


3- Wanneer het jou woorde jou kind "opgebou" en watter uitwerking het daardie positiewe woorde op jou kind gehad? Hoe het jou kind positief gereageer?


4- Wat is die een "groot idee" of "wegneem boodskap" wat jy uit hierdie verse kry, en hoe kan jy dit na jou kind se volgende wedstryd gebruik?


OORTYD: Oefensessie


1- Verras jou kind ná sy volgende wedstryd deur te stop vir oliebolle, roomys of enige bederf by sy gunsteling bakkery. Weerhou jouself van enige kritiek oor die spel. Laat jou kind praat oor wat hulle in die spel ervaar het, in plaas daarvan dat jy vertel hoe jy daaroor voel.


2- Jou kind moet direk na die kompetisie van jou hoor, of hulle gewen of verloor het. Probeer een van hierdie frases na die volgende wedstryd: "Ek is lief vir jou," "Ek is so trots op jou," "Jy is die beste," "Ek hou daarvan om jou te sien speel," of "Daar is nêrens anders in die wêreld waar ek liewer wil wees as om jou aan te moedig nie."


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hie...

More

Baie dankie aan FCA wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://fcaresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid