Leesplan inligting

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou AtleetVoorbeeld

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

DAG 6 VAN 12

Kom ons Bid!“ — Op die Aarde Soos in die Hemel

OP JOU MERKE


"Bid gedurig" (1 Tessalonisense 5:17).

GEREED: Gebed is 'n gesprek met God, nie 'n transaksie nie.


Ek is getroud met 'n gebedsvegter. Sy glo in gebed, sy beoefen gebed, en sy word bemagtig deur gebed. Toe die kinders jonk was, was sy berug vir haar nagtelike gebed strooptogte — sy het op haar knieë van bed tot bed gekruip en gebid terwyl ons vier kinders slaap. Sy het gebid vir drieë en foutballe. Sy het gebid vir die voorkoming van beserings en dat haar kinders net in die wedstryd sal kom. Sy het op die meeste hoërskool velde en bane naby ons tuisdorp en in kollege stadions gebid. Ek het baie oor gebed geleer deur te kyk en te luister hoe my vrou vir en saam met ons kinders bid. Sy het God geprys vir wonderlike oorwinnings en het God se vertroosting gesoek vir ontstelde kinders nadat hulle verloor het. Sy het die gebod in 1 Tessalonisense 5:17 getrou gevolg om "voortdurend te bid." Dit is geen wonder dat al ons kinders baie beïnvloed is deur hul ma se gebede nie.


Waarom moet ouers saam met en vir hulle atletiese kinders bid? Omdat Jesus beveel het dat ons moet bid, het Jesus 'n voorbeeld gestel van hoe ons moet bid en ons gebede raak God se hart. Die idee is nie om God se hart en gedagtes te verander met ons gebede nie, maar ons eie harte en gedagtes word eerder verander wanneer ons bid. Ware gebed gaan daaroor dat God se wil moet geskied “ook op die aarde, net soos in die hemel.” Gebed is die kanaal waardeur ons in harmonie kom met die wil van God.


Gebed is 'n raaisel, maar tog wonderbaarlik. Jy kan dit ervaar en gebed sal jou lewe ongelooflik verander. Vra vir God om jou te help om die geheim van gebed beter te verstaan deur die volgende Bybelverse te bespreek.


OEFENING: Bybelbespreking


Jakobus 4:3


1 Johannes 5:14-15


Efesiërs 6:18


Filippense 4:6-7


GAAN


1. Wat het jy omtrent God of sy persoonlikheid uit die gekose verse geleer?


2. Hoe kan Filippense 4:6-7 jou help om te ontspan wanneer jy tydens 'n wedstryd spanning ervaar?


3. Die Bybel leer ons dat God nie 'n hemelse Kersvader of 'n towerfee is wat verplig is om jou elke wens te vervul nie, maar 'n goeie en wyse Vader wat 'n intieme verhouding met sy kinders wil hê. Hoe moedig hierdie verse jou aan om God as 'n goeie Vader te nader?


OORTYD: Oefensessie


1. Vra jou atleetkind om saam met jou te bid op die dag van die wedstryd. As jy nie gewoond is om hardop met jou kind te bid nie, kan jy iets sê soos: "Liewe Heer, beskerm asseblief vandag vir (hulle naam) teen enige ernstige besering. Sal U hulle help om 'n goeie spanmaat te wees sodat hulle U goed kan verteenwoordig, maak nie saak wat tydens die wedstryd gebeur nie? Sal U hulle help om goeie sportmanskap aan die skeidsregters en teenstanders te vertoon? Ek vra U ook om hulle en my senuwees te kalmeer. Help asseblief vir (hulle naam) om met groot inspanning en vasberadenheid te speel. Help hulle om te weet wat 'n seën hulle vir my is — maar belangriker, help dat alles wat (hulle naam) op die veld doen, in u oë aangenaam sal wees. In die Naam van Jesus bid ek dit. Amen.”


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hie...

More

Baie dankie aan FCA wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://fcaresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid