Leesplan inligting

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou AtleetVoorbeeld

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

DAG 7 VAN 12

Die Sielkunde van die Atleet — Wat is hulle motivering?

OP JOU MERKE:


“Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie" (Kolossense 3:23).

GEREED: Om vir die Gehoor van Een te Speel.


Daar is groot verskeidenheid in die sielkundige samestelling van jong atlete. Jou kind is dalk 'n perfeksionis, bang om te misluk, blameer homself vir elke nederlaag wat sy span ly of is dalk lui en het min motivering. Dit kan jou nuttig te pas kom om hierdie sielkundige neigings vroeg in jou kind se lewe te identifiseer. Dit sal jou help om hulle te help om die slaggate te oorkom wat met hierdie eienskappe gepaard gaan.


Perfeksionisme: Die perfeksionis is tevrede met niks minder as volmaakte prestasie nie. Omdat dit onbereikbaar is, laat dit die kind ontevrede. Perfeksioniste maak gewoonlik hulle eie ouers trots en ander ouers jaloers, maar die sielkundige tol wat dit eis omdat hulle nooit volmaaktheid bereik nie, verhinder dat hulle op die lange duur tevredenheid in hul lewens ervaar. Perfeksioniste moet veral daaraan herinner word dat hulle vir 'n gehoor van Een speel. God is die enigste Een wie hulle moet behaag. God beoordeel hulle beweegrede en nie hulle prestasie nie. Perfeksioniste "leef of sterf" deur vergelyking. Hulle is deurgaans besig om hul vertonings aan dié van ander te meet. Die Bybel leer ons dat vergelyking met ander 'n dwase manier van lewe is.


Vrees vir mislukking: Vrees vir mislukking beïnvloed alle aspekte van jou atleetkind se lewe, wat daartoe lei dat hy of sy bang is om nuwe dinge te probeer. Hierdie kind sal waarskynlik onwillig wees om sport te probeer omdat die sportomgewing een van baie mislukkings is. Die beste krieketspelers mis soms twee van drie balle. Die beste rugby agterlyn verbrou een van drie aangee pogings. Die beste netbal spelers verbrou die helfte van hulle doelskote. Iemand wat bang is vir mislukking, sal nooit die vreugde van sukses ken nie. Gee hulle woorde van bemoediging en herinner hulle daaraan dat geloof hulle sal mobiliseer.


Om die skuld te dra: Die kind wat die skuld vir alles in die lewe dra, is 'n kind wat God se genade moet omhels. 'n Lewe waarin jy altyd die skuld op jou neem, is ongesond en onbybels. Die Bybel praat baie oor God se onverdiende guns, wat as genade bekend staan. Om altyd die skuld te dra, lei tot ontevredenheid met oorwinnings en 'n totale gevoel van verwoesting met nederlae. Dit is beslis nie 'n wenresep om sport te geniet nie.


Luiheid: 'n Kind wat min inspanning in hul sport sit, kan moontlik lui wees. Kinders wat dit nie in hulle het om alles in die stryd te werp nie, sal frustrasie en chaos in die gesinsdinamiek skep. Dit geld as die kind nie gedwing word om sport te doen nie, maar wil speel. Hierdie kind sal baie liefde, begrip, dissipline en struktuur nodig hê.


OEFENING: Bybelverse


2 Korintiërs 10:12


Efesiërs 2:8-9


Spreuke 18:9


2 Timoteus 1:7


GAAN:


1. Watter van die teksverse wat gegee word, dui moontlik op 'n persoonlikheidseienskap waarmee jou kind sukkel? Hoe kan dit jou help om jou kind aan te moedig?


2. Watter van die verse wat gegee is, dui moontlik op 'n persoonlikheidseienskap waarmee jy self gesukkel het? Hoe kan jy hierdie vers in jou lewe toepas?


3. Wat het jy uit hierdie les geleer?


OORTYD: Oefensessie


1. Sien jy konsekwente eienskappe in die persoonlikheid van jou atleetkind wat ooreenstem met een van die vier kategorieë wat in hierdie les genoem word? Indien wel, hoe kan jy 'n gesprek met jou kind begin om te bespreek wat jy by hom opgemerk het en 'n Bybelteks te lees wat nuttig kan wees?


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hie...

More

Baie dankie aan FCA wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://fcaresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid