Leesplan inligting

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou AtleetVoorbeeld

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

DAG 5 VAN 12

Die Goue Reël van Sport (Sportmanskap, Respek, Eer)

OP JOU MERKE:


"Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete" (Matteus 7:12).

GEREED: Is sportmangees uit die oude doos?


Wat is die einddoel van jou kind se sportervaring? Is dit om die kampioenskap te wen? Is dit om 'n atletiekbeurs in te palm? Is dit om 'n "wen ten alle koste" mentaliteit te ontwikkel of om in 'n respekvolle kind te ontwikkel wat God eer en wat 'n volwassene word wat die koninkryk eerste stel? As jou antwoord laasgenoemde is, kan jy begin deur 'n standaard van sportmanskap, respek en eer in jou atleetkind te vestig.


Moenie mislei word om te dink dat om mee te ding om te wen en om eerbaar mee te ding mekaar uitsluit nie. Ek het vir 25 jaar lank georganiseerde sport gespeel en my bes probeer om elke wedstryd te wen. Ek het egter ook probeer om goeie sportmanskap te toon deur uittarting, grootpratery, lae houe en verbale aftakeling te vermy. Ek besef dat hierdie aksies in die hedendaagse sportkultuur gevier word, maar die meeste ouers wil nie hierdie onbeskofte gedrag by hulle kinders aanmoedig nie. Wil jy hê jou kinders moet volgelinge van kultuur of volgeling van Christus word? Die goue reël geld steeds, selfs in sport.


Sport is 'n laboratorium wat leer geleenthede bied, terwyl teenstanders en skeidsregters steeds in hulle wedstryde gerespekteer en vereer word. Ja, jou atleetkind kan goeie sportmanskap toon en steeds hard meeding vir die oorwinning! Jy kan help om goeie sportmangees voort te bring deur dit op die pawiljoen te vertoon. Jy kan jou kind tydens 'n kompetisie opbou sonder om iemand anders se kind af te kraak. Deur hierdie karakter eienskap by jou atletiese kind vas te lê, sal jy 'n deposito maak wat gedurende die res van hulle lewe groot dividende sal oplewer — lank nadat hulle opgehou het om mededingende sport te beoefen.


Voordat jy lees hoe die Bybel eer en respek vir ander aanspreek, neem 'n oomblik om God te vra om jou te help om die verse wat verskaf word, te verstaan en toe te pas.


OEFENING: Bybelbespreking


Romeine 12:10


1 Petrus 2:17


Jakobus 4:6


Spreuke 24:17-18


GAAN


1. Wat leer jy oor God se beskouing van die "ek eerste" gesindheid? Hoe is dit van toepassing op jou atleetkind?


2. Ons leer in Romeine 12:10 en 1 Petrus 2:17 om ander te eer. Beskryf in die konteks van sport wat dit beteken om 'n teenstander of skeidsregter te eer.


3. Wat is jou "wegneem boodskap" uit al die Bybelverse wat in hierdie hoofstuk oor sportmanskap gegee word?


OORTYD: Oefensessie


1. Bespreek sportmanskap met jou atleetkind. Kry 'n vel papier met twee kolomme met die opskrifte "Goeie sportmanskap" en "Slegte sportmanskap". Vra jou kind om voorbeelde in gedrag van elk neer te skryf.


2. Deel een of meer van die Bybelverse wat in hierdie hoofstuk gegee word met jou atleetkind. Vra hulle wat hulle glo die vers leer. Vra hulle hoe die vers(e) hulle in hulle volgende wedstryd mag beïnvloed.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hie...

More

Baie dankie aan FCA wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://fcaresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid