Leesplan inligting

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou AtleetVoorbeeld

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

DAG 9 VAN 12

Wat om te Sê Wanneer Hulle Nie Speel Nie (Lesse vanaf die Kantlyn)

OP JOU MERKE:


"Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses" (Psalm 34:19).

GEREED: Die kantlyn is moeilik!


Jou kind sal heel waarskynlik die pyn en verwarring ervaar as hy min of geen tyd kry om in die wedstryd te speel nie. Daar sal 'n dag kom wanneer 'n afrigter besluit dat jou kind 'n reserwe vir hulle span moet wees. Jy sal waarskynlik dink: "Hoekom kan die afrigter nie die potensiaal in my kind sien nie?" of "Wat is fout met die afrigter se oordeel?" of "Wat het die afrigter teen my kind?"


Ongeag hoe jy aanvanklik reageer, jy moet weet dat, om jou teleurgestelde kind te help deur hul tyd op die kantlyn, 'n geleentheid vir groei is.


As ek terugdink aan die jare van my kinders se sportervarings onthou ek baie tydperke van frustrasie wanneer een na reserwe status gedegradeer is. Daar was someraande wat ons huis toe gery het van naburige stede ná sportwedstryde, toe 'n seun nie tyd gehad het om te speel nie; die jare nadat 'n dogter van 'n ernstige besering teruggekeer het om in haar hoërskool netbalspan te speel, net om te besef dat sy 'n stap agtergeraak het en 'n reserwe vir haar drie oorblywende jare in daardie span sou wees; die jare toe 'n seun kollege-sokker gespeel het, net om af en toe op die veld te kom.


In daardie tye het ek vir my kinders se onthalwe seer gehad. Watter ouer wil nie hul kind sien floreer in iets waarna hulle smag nie? Al hierdie omstandighede het aan my kinders geleenthede gebied om te leer, volwasse te word en ander vaardighede te ontwikkel wat hulle lewenslank sou help. Lewenservarings leer lewensvaardighede aan soos volharding, onselfsugtigheid en werksetiek. God kan enige situasie gebruik en dit omkeer vir ons beswil. Leer hulle hoe om deur die oë van God na hierdie teleurstellings te kyk. Jou kind se deelname aan sport is dalk juis die ervaring wat God sal gebruik om hulle tot volwasse volgelinge van Jesus Christus te ontwikkel. Ek is dankbaar vir die moeilike tye wat ander vrugte in hulle lewens voortgebring het.

Dink aan hierdie wenke terwyl jy jou atleetkind help floreer op die kantlyn:


1. Moenie die afrigter voor jou kind blameer nie.


2. Wees openhartig met jou kind oor teleurstellings in jou eie lewe. Vertel hulle hoe jy gevoel het en wat jy uit sulke teleurstellings geleer het.


3. Luister! Wees die uitlaatklep wat jou kind toelaat om sy frustrasie uit te druk.


Vra vir God om jou te help om die Skrifgedeeltes hieronder te verstaan en in staat te wees om dit te gebruik om jou atleetkind aan te moedig wanneer hulle gefrustreerd is omdat hulle beperkte of geen speeltyd kry nie.


OEFENING: Bybelbespreking


Hebreërs 12:11


Jeremia 29:11


2 Korintiërs 4:16-18


Romeine 8:28


GAAN:


1. Hoe kan een of meer van die Skrifgedeeltes jou help om jou kind 'n Bybelse beskouing te gee van hulle gebrek aan speeltyd?


2. Wat word in Romeine 8:28 belowe?


3. Wat is jou "groot idee" of "wegneem boodskap" van hierdie Skrifgedeeltes?


OORTYD: Oefensessie


1. Bestee 'n bietjie tyd daaraan om te oorweeg wie meer gefrustreerd is met jou kind se gebrek aan speeltyd? Jou kind of jy? Nader tot God oor jou eie frustrasies.


2. Vra jou kind om aan dinge te dink wat hy of sy kan doen om die beste spanmaat te wees terwyl hulle op die kantlyn staan (bv. moedig spanmaats aan, gefokusde vaardigheidsoefeninge, bid vir jou span, belydenis van jaloesie/afguns ...).


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hie...

More

Baie dankie aan FCA wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://fcaresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid