Leesplan inligting

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou AtleetVoorbeeld

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

DAG 8 VAN 12

Waar Was Jy, Ma/Pa? (Die Krag van Teenwoordigheid)

OP JOU MERKE:


"Die Woord het mens geword en onder ons kom woon" (Johannes 1:14).

GEREED:


Sy teenwoordigheid by ons is belangrik — jou teenwoordigheid by jou kind is belangrik.


Gedurende my kinderjare het my pa as 'n hoërskoolonderwyser en sokkerafrigter gewerk. Toe ek hoërskool toe is, het hy uitgetree as afrigter, hoofsaaklik om sy laat middae vry te maak om my hoërskool sokker oefeninge by te woon. Ek het my pa dwarsdeur my hoërskooljare op die kant van die oefenveld gesien staan. Soms het hy die begin van die oefening dopgehou en ander kere die einde. Hy het nooit 'n woord gesê nie en ek was waarskynlik die enigste persoon wat geweet het dat hy daar was, maar ek was die enigste een wat nodig gehad het om dit te weet.


Die feit dat hy by my oefeninge en wedstryde was, het my altyd 'n bietjie opgebeur, 'n hupstoot in vertroue gegee en miskien selfs die sekerheid dat, ongeag wat in enige oefening of wedstryd gebeur, alles goed sal gaan as gevolg van my pa se teenwoordigheid.


Ek is vandag 'n ander mens as gevolg van die krag van my ouers se teenwoordigheid in my sportlewe en my ouerskap van my atletiese kinders is sterk beïnvloed deur die krag van my ouers se teenwoordigheid. Onthou, jou kind se sport is vir hom belangrik. Jou fisieke teenwoordigheid by hulle sportbyeenkomste wys aan hulle dat dit ook vir jou belangrik is.


Net soos jou kind gerusgestel word wanneer jy fisiek teenwoordig is, is dit net so noodsaaklik in hulle lewens, as gelowiges in Jesus Christus, om in sy teenwoordigheid te vertoef. As ons ons kinders leer om daardie persoonlike verhouding met God op te bou deur die Woord te bestudeer en te bid, sal dit hulle in ruil daarvoor weer krag en vertroue in hulle vermoëns gee. God sal inderdaad onder ons woon omdat sy teenwoordigheid belangrik is.


Die Bybel praat van die bediening van teenwoordigheid. Vra God om jou te help om wysheid uit hierdie Bybelverse te verkry.


OEFENING: Bybelbespreking


Johannes 14:28


Psalm 139:7-10


Hebreërs 10:24-25


Prediker 4:9-10


GAAN:


1. Wat leer jy oor God se karakter uit Johannes 1:14 en Johannes 14:28? Hoe hou hierdie eienskap van God verband met ouers wat hulle kinders se sport aktiwiteite bywoon?


2. Wat leer jy uit Psalm 139:7-10 oor God se teenwoordigheid in ons lewe? Hoe moedig God se teenwoordigheid in ons lewens jou aan of bemagtig/inspireer dit jou om meer teenwoordig in jou kind se lewe te wees?


3. Wat is die een les wat ons uit die verse kan leer? Hoe behoort jy op die waarhede in hierdie verse te reageer?


OORTYD: Oefensessie


1. Gesels met jou atleetkind. Vra hulle die volgende vrae:


*Hoe laat dit jou voel wanneer ek teenwoordig is (of nie teenwoordig is nie) by 'n oefening of wedstryd?


*Wat wil jy graag hê moet ek doen of ophou doen by jou oefeninge of wedstryde?


2. Dink aan een of twee praktiese maniere waarop jy jou program beter kan reël sodat jy meer by jou kind se wedstryde kan wees.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hie...

More

Baie dankie aan FCA wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://fcaresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid