Leesplan inligting

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou AtleetVoorbeeld

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

DAG 12 VAN 12

Om Koninkryk-Gerigte Kinders Groot te Maak (U Wil, Nie My Wil Nie)

OP JOU MERKE:


"Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie" (SPREUKE 22:6).

GEREED: Opleiding vir watter koninkryk?


Soms hoor ek 'n vader iets sê soos: "Ek gaan nie inmeng met my kind se geloofsreis nie. Ek gaan toelaat dat hulle dit self ontdek". Kan jy jou 'n ouer voorstel wat sê: "Ek gaan nie inmeng wanneer my kleuter naby die straat speel nie. Hulle kan dit self ontdek"? Ouers is verantwoordelik om hulle kinders op gesonde en vrugbare paaie te lei, veral vir hulle geestelike welsyn. Hoe kan ouers hulle kinders op 'n gesonde lewenspad rig? Jou kind se sport omgewings is lewenslaboratoriums vir die verkenning van beide gesonde en ongesonde paaie.


'n Bybel onderwyser het eenkeer gesê: "Daar word meer gesien as geleer." In die konteks van ouerskap beteken dit dat kinders meer let op wat hulle ouers self doen as wat ouers hulle vertel om te doen. Vra jouself dus af: "Watter voorbeeld stel ek aan my kind? Wat leer hulle deur na my lewe te kyk? Hoe stem wat ek sê ooreen met wat ek doen?" As jou lewe wys dat jy kies om God lief te hê en te dien, sal jou kind dit waarskynlik ook doen.


Daar is nog 'n beginsel van ouerskap wat lui: "jy kan nie aan ander iets oordra wat jy nie self besit nie". Dit beteken dat, as die ouer nie self 'n gesonde godsdiens leefwyse het nie, dit ook nie moontlik sal wees om so iets aan hul kind voor te hou nie. Hoe sal jy jou eie geloofslewe evalueer? Is dit die moeite werd om aan jou kind voor te hou?


Dink hieraan — jou kind se sport omgewings kan gebruik word as 'n verhoog om jou liefde vir God en mense te vertoon. Hierdie verandering wat deur 'n verhouding met God teweeg gebring word, word 'n getuienis vir diegene om ons. Daar is baie geleenthede vir getuienis tydens sport kompetisies. Hoe meer bewus jy is, hoe meer gereed sal jy wees om op 'n manier te reageer waardig aan iemand wat beweer dat hy 'n volgeling van Christus is.


Vra God om jou te help om jou atleetkind op die pad van regverdigheid te lei ter wille van Hom.


OEFENING: Bybelbespreking


Kolossense 3:21


1 Timoteus 4:7-8


Efesiërs 6:4


GAAN:


1. 1 Timoteus 4:7-8 (NLV) maak 'n onderskeid tussen "liggaamlike oefening" en "geestelike oefening". Skryf 'n paar voorbeelde neer van "geestelike oefening."


2. Kolossense 3:21 en Efesiërs 6:4 is op vaders sowel as moeders van toepassing. Gee 'n paar voorbeelde van ouers wat met hul kinders fout vind totdat hulle moedeloos word.


3. Wat is vir jou die belangrikste boodskap uit hierdie les?


OORTYD: Oefensessie


1. Begin 'n gesprek met jou atleetkind. Vra hulle om verskeie maniere te identifiseer waarop hulle hul liggaam oefen vir sport. Maak dan 'n vergelyking van hoe hulle ook "geestelik kan oefen".


2. Ken jy (of jou gade) iemand wat die Christelike lewe op' n aantreklike en aanloklike manier uitleef? Sal jy dit oorweeg om met daardie persoon te gesels en uit te vind hoe hulle dit regkry om 'n lewe vir Christus na so 'n waardige saak te laat lyk?


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hie...

More

Baie dankie aan FCA wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://fcaresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid