Leesplan inligting

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou AtleetVoorbeeld

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

DAG 2 VAN 12

Invloed of Afgod — Wat moet my perspektief oor sport wees?

OP JOU MERKE:


“Jy mag naas My geen ander gode hê nie” (Eksodus 20:3).

GEREED: Sport is wat ons doen, nie wie ons is nie.


Ek het reeds op 'n jong ouderdom besef dat ek deur sport baie erkenning kon ontvang. Dit is normaal dat kinders opgemerk en bewonder wil word — en sport het hierdie behoefte gedurende my vormingsjare vir my vervul. Ek het vir sport geleef en dit het aan my die bewondering besorg waarna ek gesmag het.


'n Afgod kan as 'n voorwerp van uiterste toewyding of 'n voorwerp van aanbidding beskou word. Sjoe ... toewyding en aanbidding klink soos woorde wat meer geskik is vir die kerk as 'n rugbyveld. As kind was sport my afgod — en ek veg sedertdien teen die versoeking van daardie sport afgod.


Daardie versoeking tot afgodsdiens eindig nie wanneer ons ons rugbystewels ophang nie — dit kan ons tot in ouerskap toe volg. My pa was so trots op my vroeë atletiese prestasies dat hy 'n pragtige trofeekas van kersiehout laat maak het om die bewyse van my sportprestasies in uit te stal. Die besluit van 'n trotse vader om 'n vertoonkas vir sy seun se sport toekennings te hê, bevat verskeie positiewe aspekte. Maar daar is 'n definitiewe risiko daaraan verbonde om te veel waarde te gee aan strewes wat ons kinders aan valse identiteite of oortuigings kan blootstel.


Ouers, julle speel 'n sleutelrol om jul atleetkind te help om 'n gesonde perspektief oor sy of haar mededingende sportsoorte te ontwikkel. Hulle sal jou voorbeeld volg wanneer hulle bepaal of hulle sport as 'n gesonde invloed in hul lewens beskou of 'n vernietigende afgod wat nooit die leemte kan vul wat net vir God gereserveer is nie. Vra God om jou te wys hoe om te verhoed dat sport 'n afgod in jou gesin word.


OEFENING: Bybelbespreking


Matteus 6:21


Matteus 6:33


Lukas 16:13


1 Timoteus 4:7-8


GAAN:


1. Vind beginsels of lesse uit die verse wat bespreek word wat jou sal help om nie 'n afgod van sport in jou lewe te maak nie.


2. 1 Timoteus 4:7-8 (NLV) vergelyk "geestelike oefening" 'met "liggaamlike oefening". Jou atleetkind oefen reeds sy of haar liggaam. Op watter maniere kan jy jou kind help om "geestelik" te oefen?


3. Wat is die een "groot idee" of "wegneem boodskap" uit hierdie Bybelverse wat jy kan toepas wanneer jy jou atleetkind grootmaak?


OORTYD: Oefensessie


1. Sal jy bereid wees om hierdie gebed te bid?


"Here, ek besef my kind se spel is net dit, 'n spel. Help my asseblief om hulle sport in die regte perspektief te hou. Help my om die versoeking te weerstaan om hulle sportaktiwiteite belangriker te ag as hul geestelike groei. Hou aan om my te herinner aan die gevaar dat sport 'n afgod vir hulle en my kan word. Help my om Jesus altyd eerste te stel in alles. In die Naam van Jesus vra ek dit. Amen.”


2. Waarom raak ek so kwaad wanneer my atletiese kind nie presteer soos ek weet hy kan nie? Hoekom is dit so belangrik vir my kind om 'n openings- of ster speler te wees? Wanneer my kind nie goed presteer nie, kry ek namens hulle seer, of word ek deur hulle seergemaak? Is my verwagtinge vir my kinders se sport ervarings dieselfde as hulle s'n?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hie...

More

Baie dankie aan FCA wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://fcaresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid