Bekend: 10 Dae om Jou Identiteit te OntdekVoorbeeld

Sonder jou ontbreek daar iets in die skepping. God kon nie die idee verdra om jou nie te ken nie, daarom het Hy jou geskep! Hy het jou op 'n merkwaardige en wonderbaarlike wyse geskep. Merkwaardig soos 'n trotse ouer wat 'n volwasse kind die wêreld instuur, en wonderbaarlik met die wete watter pragtige lewe Hy vir jou beplan het.
Hy het ons geskep vir 'n goeie en vervullende doel. Efesiërs 2:10 sê dit so: " ... want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe" (NLV). #Haai! Sommige vertalings praat van "maaksel" in plaas van "handewerk". In die oorspronklike Grieks word die woord "poiema" gebruik om 'n meesterstuk te beskryf. 'n Meesterstuk bevat nie foute nie. Jy is presies wie Hy wil hê jy moet wees. Al wat Hy vir jou wil hê, is om tot Hom te nader, en in ruil daarvoor sal Hy tot jou nader. As ons aan 'n verhouding dink, is dit gewoonlik 'n wedersydse gevoel. Dit is dieselfde met God. Hy het ons geken voordat ons ooit van Hom bewus was, en nou wil Hy hê dat jy tot Hom moet nader — om Hom ook te ken. Hoe nader jy is, hoe meer sal jy kan ontdek wie Hy is. Deur te ontdek wie Hy is, sal jy meer ontdek wie jy is — 'n meesterstuk.
As jy ooit ver voel, as jy ooit alleen voel, as jy ooit onseker voel oor jou doel, onseker voel oor wie jy is, of onderwaardeer word vir wat jy doen, onthou jy is sy meesterstuk. Jy is geken, en geliefd, en jy kom niks kort nie. Sonder jou sou daar iets in die skepping ontbreek.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is maklik om verlore te raak in dít waarvoor jy bekend is en om dan te mis deur wié jy geken word. Die Woord van God het baie te sê oor jou, wie jy is en wie Hy jou gemaak het om te wees. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help deur jou op reis te neem om jou ware identiteit te ontdek.
More