Bekend: 10 Dae om Jou Identiteit te OntdekVoorbeeld

Julle IS 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is. Hierdie gedeelte maak dit duidelik dat daar geen twyfel is oor wie jy as 'n volgeling van Christus is nie. Jy is afgesonder! “Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.” Eers was jy blind, nou sien jy, danksy sy wonderlike lig.
Jy word nie geroep om slegs in naam afgesonder te word nie. Moenie daar stop nie! Om deur God afgesonder te wees, gaan gepaard met 'n plan van aksie. Jy word geroep om jouself te weerhou van die hartstogte van die vlees – die dinge van hierdie wêreld wat jy weet nie reg is nie, maar wat lekker voel in die oomblik – aangesien hierdie dinge oorlog voer teen jou siel. So dikwels is dit DAARDIE dinge wat probeer om jou te definieer en 'n gaping te bring tussen wie jy werklik is ('n seun en dogter van God) en iets wat jou 'n oomblik van bevestiging kan gee, maar wat jy op die lang termyn besef is net 'n leë identiteit. Jy is geroep tot 'n hoër roeping as dit. Moenie jou deel van 'n koninklike priesterdom opoffer vir 'n tydelike identiteit nie.
Ek en jy is geroep om eerbaar as volgelinge van Christus te lewe. Nie sodat mense jou sien en dink jy is so fantasties nie, maar sodat hulle deur jou kan sien wie God is – deur jou dade, jou woorde en die manier waarop jy jouself handhaaf, nie in arrogansie nie, maar in nederigheid.
Dus, wanneer jy vandag by die deur uitstap, onthou wie jy is. Wanneer jy saam met jou vriende kuier, onthou wie jy is. Julle is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige nasie – 'n volk vir sy eie besitting. Leef vanuit daardie identiteit. Wys mense na Hom. Deel sy lig en wat Hy in jou lewe gedoen het. Kyk hoe Hy jou verander in die unieke persoon wat Hy jou geroep het om te wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is maklik om verlore te raak in dít waarvoor jy bekend is en om dan te mis deur wié jy geken word. Die Woord van God het baie te sê oor jou, wie jy is en wie Hy jou gemaak het om te wees. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help deur jou op reis te neem om jou ware identiteit te ontdek.
More