Bekend: 10 Dae om Jou Identiteit te OntdekVoorbeeld

Het jy al ooit gevoel jy is nie goed in enigiets nie? Miskien kan jy baie dinge doen en jy het die passie, maar jy is nie 'n kenner in enige van hulle nie? Ek ook! Dit kan maklik wees om te bevraagteken waartoe jy geroep is wanneer die stem in jou kop sê jy is nie gekwalifiseerd, toegerus of goed genoeg nie en daardie stem blyk harder as God s'n te wees.
Moses het die eerste vyf boeke van die Bybel geskryf, en hier sê hy vir God dat hy nie welsprekend is nie. Hy sê basies dat God nie die beste weet nie, dat Hy 'n fout gemaak het toe Hy vir Moses geroep het. As Moses nie welsprekend was nie en gesukkel het om te praat, hoekom sou God hom so lank gebruik het om sy uitverkore volk te lei? Dit blyk dat Moses sy selfvertroue verloor het, maar wat hy nodig gehad het, was om God-vertroue te hê.
Jy sal nooit ten volle verstaan wat God dink of beplan terwyl Hy jou lei en roep na nuwe dinge nie, maar waarin jy kan rus, is die feit dat God ons KEN. Hy weet hoe om jou toe te rus, hoe om jou lief te hê en hoe om jou aan te moedig. Daar is niemand anders wat jou beter ken as Hy nie. Net soos God met Moses gepraat het, kan jy vol vertroue wees in die planne waartoe God jou geroep het, want Hy het belowe om saam met jou te gaan. God is genoeg om al jou werklike of denkbeeldige tekortkominge te bedek.
Rus in die vertroue dat God jou sal lei en toerus vir die dinge waartoe Hy jou geroep het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is maklik om verlore te raak in dít waarvoor jy bekend is en om dan te mis deur wié jy geken word. Die Woord van God het baie te sê oor jou, wie jy is en wie Hy jou gemaak het om te wees. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help deur jou op reis te neem om jou ware identiteit te ontdek.
More