Bekend: 10 Dae om Jou Identiteit te OntdekVoorbeeld

Known: 10 Days to Discovering Your Identity

DAG 5 VAN 10

In hierdie vers vertel Paulus ons van twee soorte kennis. Een daarvan is die tipe kennis waarmee God ons ken; die ander is hoe kennis gebruik kan word om mekaar te vernietig en ons met trots te vul. Dit het ter sprake gekom in Paulus se brief aan die gemeente in Korinte toe hy die kwessie van die eet van voedsel wat aan afgode geoffer is, aangespreek het. Paulus het nie aangespreek of dit reg is of nie, maar eerder, HOE om die gesag te hanteer om dit te kan eet. Sommige in die kerk het die (korrekte!) wete gehad dat kos wat aan afgode geoffer is, heeltemal aanvaarbaar was om te eet aangesien afgode geen mag oor God het nie. Dieselfde korrekte kennis, losstaande van die liefde van God, het die mense egter verwaand gemaak.

Kom ons kyk na 1 Korintiërs 1-3 en hoor van Paulus 'n beter benadering.

  1. Wat die voedsel aan afgode betref: ons weet dat “ons almal kennis besit”. Hierdie "kennis" maak verwaand, maar liefde bou op. 
  2. As iemand hom verbeel dat hy iets weet, weet hy nog nie soos hy behoort te weet nie. 
  3. As iemand God liefhet, word hy deur God geken.

Paulus sê dat die soort kennis wat trots voortbring en mense seermaak, glad nie ware kennis is nie (hy weet nog nie soos hy behoort te weet nie). Daar is 'n tweede tipe kennis wat hy teenoor die eerste stel. Paulus se antwoord op hierdie valse kennis is liefde. Kennis van God wat reg gebruik word, verander in liefde vir God, en dit is slegs moontlik omdat God ons intiem ken. God wil hê dat ons verhouding met Hom soos goeie vriende moet wees wat geen geheime vir mekaar het nie.

Psalm 25:14: “Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend.”

Die Hebreeuse woord wat hier gebruik word, is "Sod", wat spreek van die soort intieme raad wat een goeie vriend aan 'n ander gee. Dis hoe God ons ken. Hy praat met ons deur sy Woord met intieme, betroubare raad. In plaas daarvan om kennis te soek om 'n voorsprong bo ander te verkry, wil God dus hê dat jy Hom moet soek soos jy 'n vriend sou soek. Wanneer jy 'n diep vriendskap met iemand het, onthou jy die dinge wat hy sê, die dinge waarvan hy hou, wat hom bly maak en wat sy hart breek. Dis hoe Hy jou nou ken, en Hy wil hê jy moet Hom meer leer ken en elke dag nader en meer vertroud raak met Hom en sy Woord, want Hy wil nie net jou verlosser, pa en helper wees nie. Hy wil ook jou vriend wees.

Aangaande hierdie leesplan

Known: 10 Days to Discovering Your Identity

Dit is maklik om verlore te raak in dít waarvoor jy bekend is en om dan te mis deur wié jy geken word. Die Woord van God het baie te sê oor jou, wie jy is en wie Hy jou gemaak het om te wees. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help deur jou op reis te neem om jou ware identiteit te ontdek.

More

Ons wil Fresh Life Church (Levi Lusko) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://freshlife.church