Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig. U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.
Lees PSALMS 139
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 139:3-16
3 days
God has gone before us and protects us from behind. He has our battles already handled. He has the blindside covered. He isn’t surprised by curveballs. This focused 3-day devotional will leave you encouraged in the truth that God is the provider of the exact portion, the exact measure, for your life.
5 Dae
“Dankie” is so ’n klein woordjie, maar kan so ’n groot impak hê. Sê ons genoeg dankie vir wat mense vir ons doen? Sê ons genoeg dankie vir God? Hierdie 5-dag leesplan oor dankbaarheid is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit, uit haar dagboek GESKENK VAN GENADE.
5 Days
Often we feel as if we’re not doing enough. Then we feel guilty because we’re supposed to be having quiet times with God too—but when we try to slow down, our hearts and minds are still busy. The story of Mary and Martha offers us guidance as well as grace in this tension. It’s a story of two sisters. It’s a story for each of us.
Search for #RelationshipGoals on social media, and you’ll find seemingly perfect images of couples in love. But what if the vision of relationship that our society is selling is a mirage? Pastor Michael Todd has written Relationship Goals: How to Win at Dating, Marriage, and Sex about having relationship goals that come from God and align with who He has made us to be.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's