Bekend: 10 Dae om Jou Identiteit te OntdekVoorbeeld

Known: 10 Days to Discovering Your Identity

DAG 7 VAN 10

’n Skepper ken sy skepping. As jy tyd daaraan bestee om na 'n blom te kyk, selfs die eenvoudigste voorbeeld, is daar noukeurig aandag gegee aan elke besonderheid en skoonheid. Ek daag jou op die oomblik uit om buite toe te gaan en na 'n paar blomme te kyk, of dit ten minste te Google. Dit is werklik wonderbaarlik, is dit nie?! Tydens die skeppingsverhaal het God geweet dat blomme nodig was om die veld te versier — dit was nie 'n nagedagte nie. Ons weet dat God omgee deur net te kyk na die kleinste besonderhede wat in blomme gesien kan word. 

Wat hierdie gedeelte van die Skrif so spesiaal maak, is dat Jesus direk met jou praat, en Hy wil jou bekommerde hart kalmeer. Hy sê vir jou dat, as God soveel aandag aan veldblomme gegee het, wat nie eens die hoogtepunt van sy skepping is nie (herinnering, ingeval jy vergeet het: daardie hoogtepunt is JY), dink jy nie Hy sal aan jou aandag gee, trots wees op jou en sy bes vir jou doen nie? Ons Skepper ken jou ten diepste, en sy hart is VIR jou. 

Van jou kant af moet jy veg om nie plek aan jou tafel te laat vir vrees, angs en twyfel om in te sluip nie. Om kleingelowig te wees dat God nie getrou aan sy Woord sal wees nie, is nie 'n klein probleem nie! Ervaar enige van julle pyn wanneer julle dit te lees? Ek weet ek het. Kleingeloof kritiseer vir God en voeg olie by die vuur van jou vrese. Jy moet aksie neem om te rus in die belofte wat Jesus vir jou gegee het. Hou aan om terug te kom na die waarheid van sy woorde en die kere wat jy sy getrouheid met jou eie oë gesien het. Wandel in die vertroue dat jy doelbewus geskape is, ten diepste geken word en kragtig voor omgegee word. 

Aangaande hierdie leesplan

Known: 10 Days to Discovering Your Identity

Dit is maklik om verlore te raak in dít waarvoor jy bekend is en om dan te mis deur wié jy geken word. Die Woord van God het baie te sê oor jou, wie jy is en wie Hy jou gemaak het om te wees. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help deur jou op reis te neem om jou ware identiteit te ontdek.

More

Ons wil Fresh Life Church (Levi Lusko) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://freshlife.church