Bekend: 10 Dae om Jou Identiteit te OntdekVoorbeeld

Voel jy ooit soos 'n plastieksak wat deur die wind rondgewaai word? Net 'n grappie ... In alle erns: het jy al ooit soos die klei in hierdie verse gevoel? Net soortvan ... daar. Sonder lewenskragtigheid of doel?
Die klei self is feitlik van geen waarde nie — nat modder van die grond af. Vormloos. Klei. Ek dink ons almal voel soms so. Ongemak en ontevredenheid begin in ons denke insluip wanneer ons onnadenkend met ons daaglikse lewe voortploeter terwyl ons ons plekkie probeer vind — strewe om in te pas en ons morele waardes of standaarde verlaag net om erkenning te ervaar. Ons is die klei.
Die pottebakker is egter 'n bedrewe kunstenaar. Hy het die geduld en visie om iets mooi en bruikbaar uit klei te skep. Wanneer die pottebakker by sy wiel gaan sit om iets splinternuut te begin maak, sien hy alles waarmee hy kan werk, terwyl ons net 'n hoop nat modder sien. Hy weet dat iets mooi daaruit sal kom, dus bestee hy tyd, pas druk toe en vorm iets uniek en wonderlik.
Ek is sekerlik nie die enigste een wat dink: “Waarom, Vader? Waarom sou U tyd aan my bestee terwyl ek teen U bly sondig en ongehoorsaam is?” nie. Tog doen Hy dit. Hy KEN jou gebreke. Hy WEET waar jy swak is. Hy KEN jou, en Hy KEN my. Wanneer jy verward raak, of wanneer dit moeilik raak, herinner jouself daaraan dat Hy die pottebakker is, wat druk toepas vir ons loutering, vir ons beswil en vir sy eer. Terwyl ons nuttelose klei was, het die pottebakker ons deur Jesus gevorm — en vorm ons voortdurend — in iets moois! Hy het jou geroep tot iets groter as jyself! Jy is nie net modder nie; jy is klei in die pottebakker se hand.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit is maklik om verlore te raak in dít waarvoor jy bekend is en om dan te mis deur wié jy geken word. Die Woord van God het baie te sê oor jou, wie jy is en wie Hy jou gemaak het om te wees. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help deur jou op reis te neem om jou ware identiteit te ontdek.
More