Bekend: 10 Dae om Jou Identiteit te OntdekVoorbeeld

Known: 10 Days to Discovering Your Identity

DAG 6 VAN 10

Het iemand wat vir jou regtig belangrik is, al ooit jou naam in 'n gesprek onthou? Miskien was dit 'n nuwe vriend, die barista van Starbucks, of die appel van jou oog uit jul skooldae. Onthou jy hoe goed dit jou laat voel het om in daardie situasie by die naam geken te word? Onthou jy hoe goed dit jou laat voel het toe iemand wat jy bewonder se stem jou naam sê, jou onthou, jou erken of vir jou 'n toepaslike kompliment gee? Dit laat jou bekend en belangrik voel. 

Dit is soortvan hoe hierdie verse in Johannes 10 'n mens ook laat voel. Jesus sê vir ons dat, as ons onsself aan Hom gee en na sy stem luister, Hy ons sal ken. Stel jou voor dat die Verlosser van die wêreld presies weet hoe jou stem klink! 

Vir iemand om jou stem te ken, moet jy 'n verhouding met daardie persoon hê. Dink daaroor; as jy stem opnames van al jou goeie vriende en familie sou kry en dan moes raai wie se stem wie s'n is, sou jy dit kon doen? Ek wed dat jy die meeste van hulle kan raai. Hoekom? Want jy praat heeldag, elke dag met hulle! Dit is dieselfde met Jesus; hoe meer tyd ons saam met Hom deurbring, hoe meer leer ons sy stem ken! Ek het een keer 'n aanhaling gehoor wat die manier hoe ek oor God se stem gedink het, heeltemal verander het. Dit het gesê: “Jy kan nie kla dat jy nie God se stem hoor as jou Bybel toe is nie.” SJOEEE! Dié sin het my hard getref toe ek dit die eerste keer gehoor het. Hoe is ons veronderstel om God se stem te hoor as ons nie in sy Woord is nie, nie sy woorde lees en tyd saam met Hom deurbring in gebed en aanbidding nie? Ons kan nie, en ons sal nie! 

Die goeie nuus is dat God jou wil ken! Hy wil jou stem ken; Hy wil hê jy moet deel van sy bemanning wees. Hy wil alles van jou hê — nie net die mooi dele nie — al die dele! 

Jesus wil hê jy moet die stem ken wat Hy in jou geskep het, maar om die stem van jou doel te ontsluit, moet jy eers sy stem ken. Wees 'n skaap; volg jou Herder. Volg Jesus, en jy sal nooit weet hoe dit is om iewers heen te gaan sonder iemand wat jou stem ken nie.

Aangaande hierdie leesplan

Known: 10 Days to Discovering Your Identity

Dit is maklik om verlore te raak in dít waarvoor jy bekend is en om dan te mis deur wié jy geken word. Die Woord van God het baie te sê oor jou, wie jy is en wie Hy jou gemaak het om te wees. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help deur jou op reis te neem om jou ware identiteit te ontdek.

More

Ons wil Fresh Life Church (Levi Lusko) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://freshlife.church