Bekend: 10 Dae om Jou Identiteit te OntdekVoorbeeld

Known: 10 Days to Discovering Your Identity

DAG 3 VAN 10

Alles wat God geskep het — wat letterlik alles is, terloops — het Hy met 'n doel geskep. Die doel van 'n by is om te bestuif, plante te help groei, vir voortplanting en om voedsel te produseer. Die doel van weerlig wat slaan is om onbruikbare stikstof in water te help oplos, wat 'n natuurlike kunsmis skep wat plante dan deur hul wortels kan absorbeer. Die doel van 'n populierboom is om 'n habitat vir 'n wye verskeidenheid natuurlewe te verskaf. Alhoewel alle dinge unieke doelwitte het, het hulle almal ook een gemeenskaplike doel: om God se grootheid te weerspieël deur sy skoonheid en sy heerlikheid te vertoon. Niks anders op aarde is na die beeld van God geskep soos ek en jy nie. Jy weerspieël Hom op 'n manier wat niks anders op aarde kan nie. Anders as die sterre, kan net ek en jy sy vergifnis, sy genade en sy liefde aan diegene om ons wys.

Wanneer jy jou tyd en energie daarin belê om die manier te beheer waarop ander mense jou waarneem, skep jy nie net 'n weergawe van jouself wat dikwels vals en perfek aanmekaargesit is nie, maar jy mis ook die groter doel wat die Here vir jou het.

Jou uiterlike voorkoms teenoor die wêreld óm jou dien nie as jou doel op hierdie aarde nie, en dit is ook nie die rede waarom jy die edelstene in die kroon van die Here genoem word nie (Sagaria 9:16). Terwyl God die sterre geskep het om te skyn soos edelstene ver bo die aarde, het Hy jou geskep om die ware skat van die hemel in jou te hou. Jy dra die Heilige Gees van die lewende God in jou eie hart. Jou unieke doel kan wees om 'n bofbalspeler, of 'n grimeerkunstenaar, of 'n fisioterapeut, of 'n grafiese ontwerper te wees. Jou uiteindelike doel as kind van God sal egter altyd wees om die liefde van God te weerspieël en om sy vergifnis, sy genade en sy goedhartigheid aan jou vriende, jou span, jou klas en jou familie te vertoon, op 'n manier wat slegs jy kan.

Aangaande hierdie leesplan

Known: 10 Days to Discovering Your Identity

Dit is maklik om verlore te raak in dít waarvoor jy bekend is en om dan te mis deur wié jy geken word. Die Woord van God het baie te sê oor jou, wie jy is en wie Hy jou gemaak het om te wees. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help deur jou op reis te neem om jou ware identiteit te ontdek.

More

Ons wil Fresh Life Church (Levi Lusko) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://freshlife.church