Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 12 VAN 30

Die Sonde van Biddeloosheid



Ons moet nooit vergeet dat gebed nie net vir versoeke is nie, maar ook vir beskerming en voorbereiding. Gebed gee nie net vir ons wat ons soek nie; dit berei ons voor en beskerm ons teen dit wat ons nie wil hê nie.



In die tuin van Getsemane was Jesus beangs toe Hy aan die gruwels van die kruis gedink het. Al wat Hy wou gehad het, is dat die dissipels daar moes wees terwyl Hy bid. Omdat Hy God is, het Hy geweet wat voorlê. Hy het al die besonderhede geken en het dus gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil” (Matteus 26:39).



Al waarvoor Jesus gevra het, was ʼn bietjie kameraadskap. Hy het nie ʼn preek nodig gehad nie; Hy het vriende nodig gehad, maar sy vriende het geslaap en dit was ʼn direkte resultaat van die sonde van selfvertroue.



Dieselfde kan van ons waar wees. Ons bid wanneer ons dink dis nodig om te bid. Wanneer ʼn krisis ons tref, as ons slegte nuus van die dokter kry, wanneer ons afgedank word, wanneer ons probleme met ons huwelik en kinders het, wat doen ons? Ons bid en dit is goed. Dit is wat ons behoort te doen.



Wat dan wanneer dit goed gaan? As die rekeninge betaal is, as dit by die werk goed gaan, as daar geen slegte nuus van enige kant af is nie, bid jy dan? Is dit omdat jy dink jy het nie nodig om dit te doen nie? Gaan dit oor te veel selfvertroue?



Eintlik kan versuim om te bid ʼn sonde wees. Sonde is nie net om nie ʼn opdrag na te kom nie, alhoewel dit ook geld. Daar is ook die sonde van versuim. Jakobus 4:17 vertel vir ons: "As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde."



Ter opsomming: Trots en biddeloosheid gaan hand-aan-hand.



Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid