Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 16 VAN 30

Die Seun Vraag



Mense se gewone begrip oor wat gebeur as jy doodgaan, is dat jy voor God gaan staan en as jy genoeg goeie werke gedoen het om jou slegte werke te oortref, dan sal jy hemel toe gaan, want die hemel is vir goeie mense en goeie mense gaan hemel toe.



Dan is daar die geloof dat, as jy soveel slegte dinge gedoen het dat dit jou goeie werke oortref, sal jy hel toe gaan, want die hel is vir slegte mense. Die hemel is vir goeie mense, te danke aan hul goeie werke, terwyl die hel vir slegte mense is, wat slegte dinge doen.



Maar dit is nie wat die Bybel ons leer nie. Die Bybel leer ons dat die hel voorberei is vir die duiwel en sy engele (sien Matteus 25:41); dit is glad nie voorberei vir slegte mense nie.

Die hemel is die woonplek van God en die manier waarop jy in die hemel inkom, is gebaseer op wat jy met Jesus gedoen het. Wat God sal wil weet, is of jy in Jesus Christus geglo het?



Selfs al het jy ʼn bose lewe gelei en deurgaans gesondig en eers op jou sterfbed in ware berou na die Here Jesus Christus uitgeroep het, sal jy hemel toe gaan. As jy ʼn goeie lewe gelei het en ʼn relatief morele persoon was en goeie werke gedoen het, maar nooit jou geloof in Jesus Christus geplaas het nie, dan sal jy nie hemel toe gaan nie. Terloops, jou goeie werke sal nooit jou slegte werke oortref nie. Wees dus dankbaar dat dit nie die maatstaf is waarop jy geoordeel gaan word nie.



Die versekering dat ons hemel toe sal gaan, is nie soos ons kultuur dit dikwels voorstel nie, maar dit is soos die Bybel ons leer. Dit is die Seun-vraag, nie die sonde-vraag nie.



Ter opsomming: Wie gaan hemel toe?






Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.



Skrifaanhalings is geneem uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe.


Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid