Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 15 VAN 30

Die Pad Terug



Ek vind dit interessant dat, toe Petrus die opgestane Christus ontmoet, Jesus hom dieselfde vraag drie maal gevra het. Hoeveel keer het Petrus die Here ontken? Drie keer. En drie keer het Jesus hom gevra: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief ...?” (Johannes 21:15-17). Die vorige Petrus sou gesê het: “Het ek U lief? Niemand het U lief soos ek nie, Jesus.”



Maar die nuwe, verbeterde, bekeerde Petrus het gesê: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet” (verse 15-17).



Jesus het die Griekse woord "agape" vir liefde die eerste twee kere gebruik, terwyl Petrus ʼn verskillende woord "phileo" gebruik het. "Agape" dra die betekenis van intense, voltooide, toegewyde, opofferende liefde, terwyl "phileo" verwys na liefde soos in ʼn vriendskap. Dus, wat Petrus in der waarheid gesê het is: “Wel, Here, al waaraan ek my nou kan verbind, is dat ek van U hou as ʼn vriend.”



Ek sou Petrus nie daaroor kritiseer nie. Dit was ʼn opregte waardebepaling van waar hy was. Moet nooit spog oor hoe baie jy Jesus liefhet nie; spog eerder oor hoe baie Jesus jóú liefhet. Ons liefde is wispelturig. Dit wissel tussen warm en koud, maar God se liefde vir ons verander nooit nie. Dit is altyd daar. Dit is hoekom Johannes, die apostel, na homself verwys het as “die dissipel wat Jesus liefgehad het.” Dit was nie verwaand nie. Johannes het gesê dat hy weet dat Jesus hom liefhet. Jy het nodig om te weet dat Jesus jou liefhet, selfs al het jy van Hom af weggedwaal.



Miskien het jy misluk. Miskien is jy in ʼn afvallige toestand. Die manier om met God reg te maak, is om na Hom toe terug te keer. Hy sê in Jeremia 3:22: “Kom terug, kinders wat afgedwaal het, Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling." Onthou egter waar jy was. Keer terug en bekeer jou van jou sondes en begin dan om te lewe soos God wil hê jy moet lewe.



Ter opsomming: Die manier om jou verhouding met God te herstel, is om na Hom toe terug te keer.





Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid