Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 30 VAN 30

Ons Bemiddelaar



Watter vertroosting is dit om te weet dat Christus vir ons in die hemel intree! Hoekom is dit belangrik? Want die duiwel sal kom en in jou oor fluister, “Hoekom gaan jy nie voort en sondig nie? Niemand sal ooit weet nie. Ek sal dit nie oorvertel as jy nie.” So vat ons die aas en doen die verkeerde ding.



Dan kom die duiwel na ons terug en sê, “Jou ellendige huigelaar! Dink jy jy is werd om tot God te nader? Dink jy dat God jou gebede sal hoor?” Hy kom met die versoeking en wanneer ons die aas vat, dan kom hy met die beskuldigings.



Stel jou ʼn hofsaal voor met Jesus as ons verdediging en die duiwel as die aanklaer. Die Bybel sê dat die duiwel ons dag en nag voor God aankla (sien Openbaring 12:10). Hy sê basies aan God, "U weet, hierdie persoon is ʼn huigelaar. Sy is nie ʼn goeie Christen nie. U behoort nie na haar gebede te luister nie."



Dan sê Jesus: “Ja, ek weet sy is deurmekaar, maar Ek is lief vir haar en Ek tree vir haar in.” Hy is ons Bemiddelaar, wat vir ons by God intree.



Die opstanding van Jesus Christus verseker my dat Hy in die hemel vir my intree. Romeine 8:34 sê: “Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.”



Hebreërs 7:25 vertel vir ons: “Daarom kan Hy ook die wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree."



Dit is nie moeilik om ʼn Christen te wees nie; dit is onmoontlik — sonder God se hulp. Omdat Jesus gesterf en weer opgestaan het, tree Hy vir ons in voor die Vader.



Ter opsomming: Die aanklaer wil veroordeel; die opgestane Jesus wil namens ons intree.



Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid