Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 17 VAN 30

Nou Is Die “Regte Tyd”



Alhoewel sy in ʼn Christelike huis grootgeword het, het my ma vir die grootste deel van haar lewe teen God in opstand gekom en wanneer ons ook al ʼn ernstige gesprek oor die lewe gehad het, of oor die betekenis daarvan, of die hiernamaals, of oor God, sou sy altyd sê: “Ek wil nie daaroor praat nie.”



Eendag was sy baie siek en ek het 'n besondere behoefte gevoel om met haar te gesels. Ek het haar dus gaan besoek en gesê, “Ek wil met jou oor jou siel praat en ek wil met jou praat oor die betekenis van die lewe en wat gebeur nadat ons dood is.”



Sy het geantwoord, “Ek wil nie daaroor praat nie.”



”Vandag gaan ons daaroor praat," het ek gesê en ons het gepraat. Die resultaat van daardie gesprek was dat sy haar opnuut aan die Here toegewy het. Sy is ʼn maand later oorlede. Ek is so bly dat ons daardie gesprek gehad het, alhoewel dit nie ʼn maklike een was nie.



Na ʼn paar jaar het ek gehoor dat haar man, Bill, baie siek was en ek is gevra om hom te gaan besoek. Ek was besig om gereed te maak om na ʼn praatjie te gaan en het besluit om hom die volgende dag te besoek, maar weer eens het die Here dit ernstig op my hart gedruk om onmiddellik na hom toe te gaan. Ons het ʼn openhartige gesprek gehad en ek het die evangelie aan hom gebied. Bill het gesê dat hy sy geloof in Christus wil plaas en ons het saam gebid terwyl hy sy lewe aan Hom toegewy het. Ek het my vlug gehaal en toe ek land, het ek ʼn boodskap ontvang dat Bill gesterf het.



Ek weet dit is onaangenaam en moeilik om ongelowiges te benader met hierdie onderwerp — veral familielede, maar jy moet doen wat reg is en jy sal bly wees dat jy dit gedoen het.



Ter opsomming: Dit kan onaangenaam wees om met ʼn ongelowige geliefde oor redding te praat, maar vertrou God en deel die waarheid met hulle.



Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou


Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid