Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 14 VAN 30

Geheime Christene



Het jy al ooit probeer om ʼn geheime Christen te wees? Dit is wat met Petrus gebeur het. Hy het probeer om by die omstanders in te pas. Hy het Jesus op ʼn afstand gevolg en koud geword, dus het hy nader gestaan aan die hitte van die vyand se vuur.



Op hierdie tydstip was Petrus afgetakel, verslaan, swak en kwesbaar. Hoekom was hy hoegenaamd in die hoëpriester se binnehof? Volgens Matteus 26:58: “...en hy het ingegaan en by die wagte gaan sit om te kyk hoe dit afloop." Petrus het alles vergeet wat Jesus gesê het oor sy opstanding uit die dood. Nou het hy net gewag vir die einde — die einde van Jesus se lewe — die einde van sy droom — die einde van alles wat hy as kosbaar beskou het. Maar dit was nie die einde nie. Dit sou ʼn nuwe begin wees.



Petrus se probleem was: hy was op die verkeerde plek by die verkeerde mense, op die punt om die verkeerde ding te doen. Wanneer daardie passie in ons hart begin doodgaan, sal die vuur wat ons vir Christus gehad het, koud word en sal ons elders hitte gaan soek.



Die Bybel sê:



"Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak" (Psalm 1: 1-3).



Wanneer jy saam met die verkeerde mense kuier, by die verkeerde plek, op die verkeerde tyd, dan is dit net ʼn kwessie van tyd voordat jy die verkeerde ding doen.



Ter opsomming: Om Christus op ʼn afstand te volg, kan veroorsaak dat jy deur die vyand se kampvuur aangetrek word.





Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid