Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 1 VAN 30

Geliefd tot aan die Einde



Mense vra soms: "Dink jy God sal die gebed hoor van 'n bose persoon wat na Hom roep, selfs in die laaste oomblikke van sy lewe — selfs indien daardie persoon verskriklike goed gedoen het? Sal God so 'n persoon vryspreek?" Hy sal beslis.



Soms het ons geliefdes wat gesterf het wat nooit 'n geloofsverklaring gemaak het nie. Ons mag dan aflei dat hulle nie hemel toe gaan nie, maar ons weet dit nie. Was jy by hierdie geliefdes in die laaste oomblikke van hul lewens? Was jy daar toe hulle hul laaste asems uitgeblaas het? Hoe weet jy dat hy of sy nie na Jesus uitgeroep het nie?



Wat jy wel weet is dat God vir hulle lief is en wou hê dat hulle gered moet word. Soos 1 Timoteus 2:4 sê: "God wil hê dat alle mense gered word en tot die kennis van die waarheid kom."



Toe Judas in die Tuin van Getsemane aankom om Jesus te verraai, het Jesus vir hom gesê: "Vriend, doen wat jy gekom het om te doen!" (Matteus 26:50). Jesus wou Judas 'n laaste kans gee om te bely en ek glo wel dat, as Judas net daar gestop en gesê het: "Here, ek het 'n fout gemaak. Ek weet nie wat ek gedink het nie. Vergewe my," sou Jesus hom vergewe het. Hoekom? Want God sê: "...Ek wil nie hê die sondaar moet deur sy sonde sterf nie, Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe. Bekeer julle, bekeer julle, van jul bose optrede!" (Esegiël 33:11). Jesus het vir Judas liefgehad tot aan die bitter einde. Hy was sy vriend, maar sy vriend het Hom verraai en dit het sy hart gebreek.



Ek wil nie valse versekering gee en voorstel dat almal in die hemel is nie, want hulle is nie, maar wat ek sê, is dat as hulle die Here aangeroep het in die laaste oomblikke van hul lewens, Hy hulle kwytgeskeld en vergewe het.



Ter opsomming: As jy die Here aanroep, selfs in die laaste oomblik van jou lewe, hoor Hy jou!



Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Tensy anders aangedui, is alle Skrifaanhalings uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe geneem.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid