Leesplan inligting

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige WeekVoorbeeld

The Final Lessons: A Holy Week Plan

DAG 6 VAN 10

Vreugde en Vrede



Op die godsdienstige almanak is dit vandag Witte Donderdag — die dag waarop ons herdenk wat met Jesus en sy dissipels by die laaste avondmaal gebeur het. Ons sit nou al vir 'n paar dae om daardie tafel.



Dink aan 'n paar dinge waarvan ons gelees het wat aan daardie tafel plaasgevind het. Wat het jou die meeste getref?



Kom ons luister na die laaste dinge wat Jesus vir sy dissipels gesê het.



Lees Johannes 16:16-33.



Soms voel ek net so verward soos die dissipels as ek Jesus se woorde lees. Ek moet dit oor en oor lees om regtig te verstaan.



Wanneer jy hierdie Bybelgedeelte lees, wat is die twee dinge wat Jesus sê ons in Hom sal hê?



Voordat ek 'n Christen geword het, het mense dikwels met my gepraat oor die vreugde en vrede wat ek in Hom sal hê, so asof dit 'n uitgemaakte saak was dat ek tot bekering sou kom. Die vreugde en vrede wat ek in volgelinge van Christus gesien het, het my verwar — dit het geforseerd gelyk, amper aangeplak.



Nadat ek 'n Christen geword het, het ek besef dat dit in werklikheid 'n front was wat baie gevoel het hulle moet voorhou. Omdat ons weet dat ons vreugde en vrede in Christus moet hê, plak ons 'n glimlag op, lig ons hande op as ons sing en gooi woorde soos "ek is geseënd" oral rond. Daar is nie tyd om te sukkel nie.



In hierdie gedeelte sê Jesus duidelik dat ons moeilike tye sal ervaar en dat ons sal sukkel. Ons kan dit nie vermy nie. Dit is bevrydend om dit te besef. Niemand kan te alle tye kalmte behou nie; niemand se lewe is perfek nie. Tog sê vers 20: "Julle droefheid sal in blydskap verander" en vers 33 sê: "Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê."



Waarom sal ons droefheid in blydskap verander en sal ons vrede vind? (Lees weer vers 33.)



Watter blydskap! Watter vrede! Jesus Christus, ons Verlosser, sê dat Hy reeds die wêreld oorwin het!



Die vrede wat Hy gee, word in Johannes 14:27 omskryf: "Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie." Die vrede wat God gee, verskil van die vrede wat die wêreld voorhou. Jesus sê in hierdie gedeelte dat vrede in die Heilige Gees gevind word.



My uitdaging aan jou vandag is dat jy slegs vir Hom soek om die vrede te vind in enige beproewing wat jy ervaar. Vind jou vreugde in Hom. Jy sal dit vind. Jesus sê in Johannes 16:24: "Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees."


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Final Lessons: A Holy Week Plan

Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat di...

More

Ons sê baie dankie vir Becky Kiser van Sacred Holidays wat die plan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.sacredholidays.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid