Leesplan inligting

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige WeekVoorbeeld

The Final Lessons: A Holy Week Plan

DAG 4 VAN 10

Verraad



Verraad is hartverskeurend.



Het jy al verraad ervaar? Hoe het dit jou toe geraak? Hoe raak dit jou vandag?



In Sy laaste ure op aarde, het Jesus twee gevalle van verraad ervaar.



Lees Johannes 13:21-30 en 36-38.



Hoe stem hierdie twee gevalle ooreen? Hoe verskil hulle?



Wetende dat Jesus ten volle mens was en Hy emosies kon ervaar, hoe dink jy het dit Hom geraak?



Matteus 27:3 sê dat Judas 30 silwer geldstukke betaal is om Jesus te verraai. Dertig silwer geldstukke om Hom te verloën. Hy het probeer om die geld terug te gee, maar dit was te laat. Jesus was reeds aan die owerhede oorhandig.



Ons veroordeel Judas so maklik vir dit wat hy gedoen het en is geskok oor sy daad.



Maar wat van Petrus? Was om op water te loop en deur Jesus gered te word toe hy sink, nie genoeg om sy liefde vir en toewyding aan Jesus te verseker nie? (Matteus 14:22-32). Sou hy Jesus werklik verraai; die Jesus wat nou net sy voete gewas het?



Ja. Ons is in bekende geselskap.



Daar is egter baie goeie nuus vir ons:



Lees Romeine 8:38-39.



Jy kan nie 'n gemors daarvan maak nie. Niks wat jy ooit doen kan sy liefde vir jou verander nie. Niks wat jy doen kan dít wat Hy vir jou gedoen het, ongedaan maak nie. Niks wat jy doen sal jou van Hom kan skei nie.



Ons het die afgelope tyd werklik gesukkel met ouerskap. Ons is al moedeloos en roep uit na God om ons te help om goeie ouers te wees. Die laaste paar weke het ek elke dag 2 sjokolade hartjies in al die kosblikke begin sit. Ons sukkel om betyds uit die huis uit te kom, betyds vir skool te wees; daar is 'n oorvloed van woedebuie en trane. Net voor ons by die skoolhek instap, gryp ek my dogter se hand, buk af en fluister in haar oor: "Waaraan herinner die twee sjokolade hartjies in jou kosblik jou?" Sy weet nou. Sy glimlag breed, 'n glimlag wat my hart vermurwe en sê: "Dat jy en Pappa lief is vir my en dat niks wat ek doen dit sal verander nie."



Ek weet nie watter besluite jy geneem het, of watter verraad jy ervaar het nie, maar ek weet dit:



Jou hemelse Vader het jou lief en niks wat jy doen, sal dit ooit verander nie.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Final Lessons: A Holy Week Plan

Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat di...

More

Ons sê baie dankie vir Becky Kiser van Sacred Holidays wat die plan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.sacredholidays.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid